19 Februarie 13:51
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Krieket
Hoogtepunte: Vyfster-vertoning deur Tahir
Hashim Amla in aksie teen Nieu-Seeland op Eden Park in Auckland. Foto: Getty Images

Suid-Afrika begin sy belangrike kriekettoer van Nieu-Seeland met die hoop dat hy sy goeie peil van die laaste ses maande kan volhou.
Die spelers het in dié tydperk uitstekend in witbal-krieket vertoon en was onoorwonne in 10 eendagwedstryde teen Australië en Sri Lanka.
Ofskoon die Proteas die onlangse T20-reeks teen Sri Lanka verloor het, speel bitter min van die spelers wat in daai reeks diens gedoen het, in Vrydag se T20-stryd in Auckland.
Die Suid-Afrikaners sal elk geval dié wedstryd gebruik as voorbereiding vir die eendagreeks van vyf wedstryde wat Sondag in Hamilton begin.

Kliek hier vir die regstreekse telkaart

Die groepe is:

Nieu-Seeland: Kane Williamson (k), Glenn Phillips, Colin Munro, Tom Bruce, Corey Anderson, Colin de Grandhomme, Luke Ronchi, Mitchell Santner, Ben Wheeler, Tim Southee, Trent Boult, Lockie Ferguson, James Neesham, Ish Sodhi, Ben Wheeler.
Suid-Afrika: Hashim Amla, Quinton de Kock, AB de Villiers, Faf du Plessis (k), JP Duminy, David Miller, Farhaan Behardien, Chris Morris, Wayne Parnell, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Imran Tahir, Tabraiz Shamsi, Dane Paterson, 

Regstreeks
Bygewerk: 13:51
17 Feb 11:25

Vyf vir Imran.

Hy boul ook vir Southee. Nieu-Seeland word vir 107 uitgeboul en Suid-Afrika wen met 78 lopies.

Tahir eindig met 5/24.

17 Feb 10:53

Tahir is net te goed vir die Kiwi's.

Hy boul vir Wheeler met die vinniger een. 106/9

Die tuisspan kort nog 80.

17 Feb 10:45

Twee sesse vir De Grandhomme, dan word hy gevang toe hy nog een probeer slaan.

JP Duminy neem die vangkans. Nieu-Seeland nou 80/8

17 Feb 10:43

Phehlukwayo se derde paaltjie. Goeie lengte en Santner word deur Amla vlak in die dekke gevang. 68/7 ná 12 boulbeurte en die Proteas is nou sterk op koers na 'n oorwinning.

17 Feb 10:35

Twee in twee balle vir Tahir.

Luke Ronchi gevang deur De Kock. Wonderlike boulwerk deur die wêreld se beste witbal-bouler. 60/6

17 Feb 10:34

Tom Bruce word geboul deur 'n wonderlike goëlbal deur Imran Tahir.

Nieu-Seeland nou diep in die moeilikheid. 60/5

17 Feb 10:29

Die gevaarlike Corey Anderson slaan die bal reg in die lug op en Quinton de Kock neem die vangskoot. Nog een vir Phehlukwayo. 55/4 in die 11de boulbeurt.

17 Feb 10:25

Die druk laai steeds op die Kiwi-kolwers. 54/3 ná 9 boulbeurte. NS benodig nou 12 per boulbeurt.

17 Feb 10:16

En hier kom die reën. Spel is nog nie gestaak nie. 40/3 ná 7 boulbeurte

17 Feb 10:13

Reuse paaltjie vir Andile Phehlukwayo. Kane Williamson trek die bal na Wayne Parnell op die regby-grens. 38/3

17 Feb 10:11

Nieu-Seeland 34/2 ná die kragspel (eerste 6 boulbeurte).

17 Feb 10:06

Nog 'n wonderlike boulbeurt deur Morris. Net vyf en ongelukkig om nie nog 'n paaltjie te kry nie. NS nou 22/2 ná 5 boulbeurte. Morris 2/9 ná 3.

17 Feb 09:57

Wonderlike boulbeurt deur Morris. Twee paaltjies en 'n lee boulbeurt. Nieu-Seeland 10/2 ná 3 bbe.

17 Feb 09:54

Morris op 'n driekuns. Probeer om die eerste bal uit die veld te slaan, maar Munro verloor sy wegpen. 10/2

17 Feb 09:52

Die groentjie Philips uit vir 5 met die eerste bal van die derde boulbeurt. Nieu-Seeland nou 10/1

17 Feb 09:30

Suid-Afrika het 185/6 in sy 20 boulbeurte in die eerste wedstryd van die toer in Nieu-Seeland aangeteken.

In normale toestande, is dit ’n heel skaflike telling, maar in ’n stadion met kort grense soos op Eden Park in Auckland, is dit dalk so 10 lopies of wat kort van ’n goeie telling.

Hashim Amla en Faf du Plessis het 87 lopies om die tweede paaltjie gevoeg om Suid-Afrika ’n uitstekende platform te gee, maar die res van die kolwers kon nie heeltemal daarop voort bou nie.

Trent Boult was uitstaande vir die Kiwi’s en het net 8 lopies in sy 4 boulbeurte afgestaan.

17 Feb 09:26

Duminy word uitgehardloop toe hy 'n lopie probeer steel. SA 181/6 met 'n bal oor

17 Feb 09:19

Nog 'n paaltjie vir Trent Boult. Behardien word op die diepbygrens gevang vir 8. 171/5 met 11 balle oor.

17 Feb 09:05

AB de Villiers slaan 'n reuse ses van De Grandhomme na die lang grens oor middebaan, maar word op halfby gevang met die volgende bal. 145/4 ná 15.2 boulbeurte

17 Feb 08:57

Amla kry nie die bal heeltemal beet nie en word naby die regby-grens gevang vir 62. Suid-Afrika 123/3

LoadingLaai Vorige Plasings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.