21 Augustus 04:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Krieket
Vurige Birch reg om Warriors woema te gee
Andrew Birch het hierdie week sy spanmaats in die nette laat bontstaan met sy vurige boulwerk. Foto: Gallo Images

Welkom terug, Birchie!

Dis dalk wat baie ondersteuners van die Warriors se krieketspan sal sê wanneer die Oos-Kapenaars Sondag hul veldtog in die eendagreeks begin.

Die Warriors speel in Johannesburg teen die Lions.

“Dit was moeilik om hom (Andrew Birch) in ons laaste twee T20-wedstryde weg te laat, maar ons het toe die diens van die wêreldklas Kyle Abbott gehad,” het Jon-Jon Smuts, die Warriors se kaptein, gesê.

Abbott is intussen vort om Engelse graafskapskrieket te gaan speel en Birch is ook nie in die meerdaagse reeks gebruik nie.

Warriors se groep
Colin Ackermann, Colin Ingram, Gihahn Cloete, Aya Gqamane, Simon Harmer, Jerry Nqolo, Andrew Birch, Lesiba Ngoepe, Jon-Jon Smuts (k), Yaseen Vallie, Basheer Walters, Kelly Smuts, Sisanda Magala, David White.

’n Vars Birch is dus reg om die Lions met sy snelballe te peper.

“Hy bring baie vuur, passie en die begeerte om te wen na die span,” het Smuts, wat ook nie deur die Warriors in die meerdaagse reeks gebruik is nie, bygevoeg.

“Ek vind dit opwindend om saam met Birch te speel. Hy is al die afgelope paar jaar een van ons uitstaande spelers. Om eerlik te wees, hy is dalk bietjie ongelukkig om nie al op ’n hoër vlak erkenning te gekry het nie.”

Smuts het daarop gewys dat Birch ook met die kolf ’n faktor is.

“Hy het al vir ons wedstryde met sy kolfwerk gewen. So, vir my as ’n kaptein is dit lekker om hom in die span te hê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.