23 Augustus 08:20
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nog Sport
4 dalk gelukkige getal vir Jaguars
Chrisna van Zyl (toe Bootha) in 2014 in aksie vir die Proteas op die Statebondspele in Glasgow.Foto: Gallo Images

Die gesegde lui “derde keer skeepsreg”, maar dalk is vier ’n gelukkige getal vir die Jaguars.

Dié Noord-Gautengse netbalspan het die vorige drie jaar teleurstelling in die nasionale Premierligareeks ervaar. Hy het in al drie eindstryde teen die Vrystaatse Crinums vasgeval.

Die vierde reeks begin Vrydag in Durban.

Gaan die Jaguars dié keer die pyp rook? Kan die Crinums onttroon word? Kan die Kaapse Stings hul angels wys?

Dit is van die vrae wat oor die volgende agt naweke beantwoord sal word.

Daar was heelwat omwentelinge met nuwe spelers en afrigters.

Jenny van Dyk (Jaguars), Burta de Kock (Crinums) en Dorette Badenhorst (Flames) is die enigste afrigters wat ’n vierde keer aan die stuur is.

“Ja, ons word dikwels aan ons teleurstellings herinner. Ek sê vir die spelers dit gaan ’n lekker storie wees as ons wel wen,” het Van Dyk Donderdag gesê.

Ek sê vir die spelers dit gaan ’n lekker storie wees as ons wel wen.
Jenny van Dyk

“Ons het ten minste nie verswak nie. Ons was oor drie jaar die span wat die meeste wedstryde gewen het, maar nie kon deurdruk nie. Ons werk nou hard aan bestendigheid,” sê Van Dyk.

“Ons wil in élke wedstryd ons beste spel lewer, die eindstryd haal en dit wen.”

Net vyf Jaguars het oorgebly. Hulle is sonder drie Protea-doele. Lenize Potgieter speel vir Waikato Bay of Plenty Magic in Nieu-Seeland. Lindie Lombard het na die Fireballs geskuif en Melissa Kotze het uitgetree.

Die Protea-senter Erin Burger het op die nippertjie ’n SOS van die Queensland Firebirds gekry.

Die Pretorianers het egter uit ’n onverwagse oord ’n versterking gekry. Die voormalige Protea-doel Chrisna van Zyl (voorheen Bootha) het weer ernstig begin speel en die groep gehaal.

Sy is op 33 jaar die oudste speler in die groep.

Burger het verlede jaar vir die Southern Stings gespeel. Die Kapenaars is ook sonder Adéle Niemand en Leanie Kleynhans-Cornelissen (albei uitgetree) en Mari-Lena Joubert (nie beskikbaar nie). Die Stings het verlede jaar derde geëindig.

Die Kapenaars is ook sonder Adéle Niemand en Leanie Kleynhans-Cornelissen (albei uitgetree) en Mari-Lena Joubert (nie beskikbaar nie).

Die Crinums is sonder Karla Mostert (Sunshine Coast Lightning) en Lauren-Lee Christians (nou by Aloes).

Die Flames, wat vierde was, speel sonder Nadia Uys (na Fireballs), Sigi Burger (beseer) en Jeanté Strydom (na Jaguars).

Ná twee naweke in Durban skuif die aksie na Kaapstad en Bellville. Bloemfontein is die gasheer vir wedstryde in die laaste drie naweke.

Die wenspan het die bykomende motivering dat hy later vanjaar in die Nieu-Seelandse nasionale kampioenskap sal deelneem.

Naweekprogram: Vrydag: 18:00: Baobabs t. Sunbirds; 20:00: Aloes t. Stars. Saterdag: 12:00: Diamonds t. Flames; 14:00: Fireballs t. Stings; 18:00: Crinums t. Jaguars. Sondag: 10:30: Jaguars t. Sunbirds; 10:30: Crinums t. Fireballs.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.