26 April 07:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nog Sport
Kyk: ‘Boks sterf stille dood’, sê Nick Durandt
Damian Durandt, bedank sy pa, Nick, vir betroue ondersteuning deur sy loopbaan. Foto: Murray Louw

Nick Durandt hunker na die dae toe boks nie “die swartskaap van Suid-Afrikaanse sport” was nie.

Dié wêreldbekende afrigter, wat Woensdag amptelik sy uittrede aangekondig het, glo dié sportsoort word in die steek gelaat deur politici se apatie en “gebrek aan ondersteuning”.

“Toe Nelson Mandela president was en Steve Tshwete die sportminister, het ons ordentlike erkenning ontvang,” het Durandt gesê.

“Dié twee legendes sou ’n e-pos of selfs ’n faks gestuur het as ons aan ’n geveg in die buiteland deelgeneem het. Hulle sou ons sterkte toewens. Mnr. Tshwete het ons ook by die lughawe ingewag as ons goed vertoon het.

“Nou pak ek maar die belde in ’n sak wanneer ons aankom, want dit maak nie saak of iemand dit sien of nie. Hulle het geen idee wie ons is nie.”

Durandt (52), wat tydens sy loopbaan van 29 jaar 38 wêreldkampioene afgerig het, sonder juis sy “verskeie” gesprekke met Mandela as “lewenshoogtepunte” uit.

“Ek sal nooit vergeet hoe ek tee met Madiba in sy tuiste in Houghton gedrink het nie,” het hy gesê.

“In 1996 het ek vyf uur by hom gekuier en oor als gesels. Soos die meeste mense weet, was hy ’n groot boksgeesdriftige. Hy was die ongelooflikste mens wat ek in my lewe teëgekom het.”

Deesdae kan boks net “droom” van sulke leierskap, sê Durandt.

“Suid-Afrikaanse boks moet dringend iemand bekwaam aanstel om weer stabiliteit te bring. Ons sport is reeds amper ’n dekade besig om ’n stille dood te sterf en slegs drastiese ingryping kan dit red.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.