29 Mei 08:00
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nog Sport
Die Z-faktor: Zane se goue swemtoekoms
Zane Waddell nadat hy verlede Saterdagaand die kwalifiseringsvereiste vir die Wêreldswemkampioenskap in die 50-vryslag oortref het. Foto: Gallo Images

Toe Zane Waddell verlede week in Durban aankom vir die nasionale swemkampioenskap, wou hy net die swem geniet. Die beste tye wat hy al geswem het, was immers nog nie by die standaard wat vereis word om vir die Wêreldbyeenkoms te kwalifiseer nie.

Maar ná sewe dae in die Kingspark-swembad het Waddell teruggekeer na die Universiteit van Alabama, waar hy danksy ’n swembeurs studeer, met nuwe persoonlike beste tye in die 50- en 100-vryslag en die wete dat daar net ’n klein treetjie tussen hom en die wêreldverhoog is.

Waddell was die enigste swemmer by die Durban-byeenkoms wat in die 100 onder 50 sekondes kon duik, met die 49.09 waarmee hy die SA titel gewen het, die agtste beste tyd nóg deur ’n Suid-Afrikaner.

En in die 50-vryslag het hy in die eindronde tweede geëindig met ’n tyd van 22.41, wat die kwalifiserende vereiste vir die wêreldkampioenskap in Budapest was.

Dis nie ’n uitgemaakte saak dat hy in Julie op die vliegtuig Hongarye toe sal wees nie, met sowel Brad Tandy as Douglas Erasmus in Durban vinniger in die 50, maar vir Waddell is dit ’n bysaak.

Ek het net hierheen gekom om dit te geniet, want in die water is ek op my gelukkigste.
Zane Waddell

Die belangrikste ding wat die Durban-byeenkoms hom gegee het, is bevestiging dat hy op die regte pad is.

“Ek het net hierheen gekom om dit te geniet, want in die water is ek op my gelukkigste,” het hy verlede Saterdag uitasem gesê ná afloop van ’n kompetisie waar hy in elk van sy drie 100’s en elk van sy drie 50’s vinniger as die vorige keer geswem het.

“Ek dink swem is die beste sport in die wêreld, en ek het al ’n paar gedoen. Dis maklik om my drome in swem te jaag, want dis iets waaroor ek mal is.”

Waddell is net 19 jaar oud en in sy eerste jaar as student aan Alabama, waar Christopher Reid, die Afrikarekordhouer in die 100-borsslag, ook swot. Die jongeling het in 2015 aan Grey Kollege in Bloemfontein gematrikuleer, en toe reeds stem dik gemaak in die swembad. Hy het in sy vormingsjare tien Suid-Afrikaanse ouderdomsgroeprekords verbeter en was vier keer Grey se swemmer van die jaar.

By die Junior Statebondspele van 2015 het Waddell vyf goue medaljes (drie individueel en twee in aflosse) verower om die talentjagters van die VSA te laat ore spits. Dit was Alabama wat die stryd om sy jawoord gewen het, en nou die vrugte pluk.

“Ek het ’n goeie universiteite-seisoen in Amerika gehad en met daardie momentum hierheen gekom, maar ek het nie verwag dit gaan my vir die eerste keer onder die 50 sekonde-kerf kry nie,” het Waddell in Durban gesê.

“Wat dit wys, is dat ons aan die regte dinge werk. Die waardevolste les wat ek sover in Alabama geleer het, is dat jy die proses in die oefenbad moet vertrou, want dit sal vrugte dra in die kompetisies. Dis nou finaal vir my bevestig.”

Waddell word in Alabama omring van Olimpiese swemmers en sê dis nét die aansporing wat hy nodig het.

Jy oefen saam met ouens wat weet hoe om hulself tot hul heel beste te druk, en wanneer ek teen hulle swem, lyk ek net simpel as ek nie ook my alles gee nie.
Zane Waddell

“Jy oefen saam met ouens wat weet hoe om hulself tot hul heel beste te druk, en wanneer ek teen hulle swem, lyk ek net simpel as ek nie ook my alles gee nie.”

Buite die swembad val daardie mededingendheid nie weg nie. Of dit parkie-sokker, ’n potjie tennis of videospeletjies is, Waddell gee hulle gas.

Hy sê sy grootste droom is in dié stadium om aanstaande April by die Statebondspele in Australië te swem, eerder as in Julie in Budapest of by Augustus se Studente-Wêreldspele, waarvoor hy in Durban gekwalifiseer het.

“As ek Wêreldspele toe gaan, sal ek waarskynlik ’n deel self moet betaal, so dis ’n bietjie van ’n struikelblok.

“Maar ek sal ook tevrede wees om nog hierdie jaar in Alabama te oefen en beter te raak, sodat ek geen verskonings het as ek volgende jaar Statebondspele toe gaan nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.