26 Julie 16:49
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Nog Sport
Legendariese boksafrigter Nick Durandt tree uit
Die boksafrigter Nick Durandt. Foto: Gallo Images

Die boksafrigter Nick Durandt, wat in sy loopbaan van amper 30 jaar meer kampioene as enige ander breier in Suid-Afrika opgelewer het, is klaar met die sport.

Volgens SuperSport se webtuiste gaan Durandt Woensdag amptelik sy uittrede aangekondig.

Durandt, seun van Cliff Durandt – wat beroepsokker vir Wolverhampton Wanderers and Charlton Athletic gespeel het – is op 26 Desember 1963 in Wolverhampton, Engeland, gebore en het as jong seun saam met sy pa in Suid-Afrika aangekom.

Hy het sy vaardighede onder die Suid-Afrikaanse bokslegende Willie Toweel geslyp voordat hy uiteindelik ongeveer 30 wêreldkampioene, 27 internasionale kampioene en 95 Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer het.

Geen ander afrigter of bestuurder in Suid-Afrika kan met bogenoemde syfers kers vashou nie.

Onder die verskeie uitstekende boksers wat Durandt tot wêreldtitels gelei het tel Thulani “Sugarboy” Malinga, Phillip Ndou, Cassius Baloyi, Silence Mabuza, Isaac Hlatshwayo, Jacob Mofokeng, Jeffrey Mathebula, Malcolm Klassen, Siphiwe Nonqayi, Hawk Makepula, Zolani Tete and Moruti Mthalane.

Hy het ook gehelp met die voorbereiding van die Amerikaner Hasim Rahman voor sy geveg op 22 April 2001 teen Lennox Lewis by Carnival City naby Brakpan.

Beroepswedders het Rahman se kans om die geveg te wen teen 20-1 verkoop voordat hy die WBC-, IBF- en IBO-kampioen in die vyfde ronde uitgeslaan het.

Volgens SuperSport se webtuiste sal Durandt se seun, Damian, moontlik sy pa se boksbelange oorneem.

– Supersport.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.