28 Julie 00:31
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Nog Sport
Wêreldtitel wink vir Zolani Tete
Zolani Tete boks Saterdag in Leicester, Engeland, teen Arthur Villanueva. Foto: Tebogo Letsie

Zolani Tete kry Saterdagaand in Leicester, Engeland, die kans om weer ’n geveg om ’n wêreldtitel los te slaan.

Tete, ’n voormalige junior-kapokgewigkampioen van die Internasionale Boksfederasie, kom in ’n uitdungeveg teen Arthur Villanueva van die Filippyne te staan.

Die wenner van dié geveg sal moontlik later ’n kans teen die wenner van die geveg Sondag in Osaka, Japan, tussen Marlon Tapales en Shohei Omori kry.

Tapales, ’n Filippyn, is die huidige kapokgewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie.

Tete slaan dalk ’n bietjie harder as Villanueva, maar hy kan hom regmaak vir ’n moeilike geveg.

Villanueva het nog net een van sy 31 gevegte verloor.

Sondag klap die vuiste ook in ’n toernooi by Emperors Palace in Kempton Park.

Kyk jy dalk vir my? Thulani Mbenge en Shaun Ness gee mekaar die oog voor hul geveg Sondag in Kempton Park.Foto: Gallo Images
Kevin Lerena (regs) is ook Sondag in aksie by Emperor’s Palace in Kempton Park. Links is sy afrigter, Peter Smith.Foto: Gallo Images

Sommige mense reken ’n nuwe Suid-Afrikaanse weltergewigkampioen gaan gekroon word met Thulani Mbenge wat die gunsteling is om Shaun Ness te onttroon.

Harold Volbrecht, een van die beste weltergewigboksers wat Suid-Afrika nog opgelewer het en deesdae ’n afrigter, meen ook so.

“Ness sal fiks wees. Hy is baie toegewyd, maar ek dink Mbenge sal net te goed vir hom wees,” het Volbrecht hierdie week op Golden Gloves se webwerf voorspel.

Mbenge spog met nege uitklopoorwinnings in nege gevegte.

Ness het 10 van sy gevegte gewen, een verloor en twee het gelykop geëindig.

Hy is dalk nie die mees skouspelagtigste bokser nie, maar hy sal beslis nie sommer net omdop en gaan lê nie.

In nog ’n geveg in dieselfde toernooi pak Kevin Lerena en Sergio Ramirez van Mexiko mekaar in die afdeling vir junior-swaargewigte.

Die toernooi in Leicester word Saterdag van 19:15 op SS 6 uitgesaai.

Die toernooi in Kempton Park word Sondag van 14:00 op SS 9 uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.