21 Julie 12:38
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Menings
Stephen Nell: Saru moet Kings-afrigter koester

Met die vooruitsig dat Suid-Afrika minstens een van sy Superrugbyspanne kwyt gaan wees, is duidelik dat die Southern Kings se plek in die gedrang kan wees.

Deon Davids / Foto: Gallo Images

Dis hartseer, want dié streek het ’n trotse rugbytradisie en ’n groot poel van spelers.

Nietemin het ’n sameloop van omstandighede die Kings gekelder. Die grootste faktor is uiteraard die finansiële krisis in die Oostelike Provinsie Rugbyunie, terwyl die streek uiteraard ook deur wanbestuur agteruit geboer het eerder as om organies te groei.

Die sluit van die Kings se deure sal die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) met ’n tameletjie laat, omdat dit Deon Davids se loopbaan as afrigter ’n knou sal toedien.

Weeg jy die Kings se vertonings op teen die beskeie mannekrag wat Davids tot sy beskikking gehad het, ken hy duidelik sy storie.

Daarby is hy ook die enigste gekleurde afrigter van ’n Superrugbyspan – ’n groep waaruit ’n mens graag sal wil sien die volgende Springbokafrigter aangestel word.

Ons ken almal die verhaal van die besluit om Mzwandile Stick ’n Bok-hulpafrigter te maak. Hy is ná ’n jaar herontplooi, met Franco Smith wat nou die Bok-agterlyn sal slyp.

Stick het waarskynlik in dié posisie beland omdat Saru ’n etnies swart hulpafrigter moes aanstel.

Die ander etnies swart Bok-bestuurslid is die spandokter, Jerome Mampane. Hy is behou, maar die Bokke sal voortaan ’n tweede spandokter, Konrad von Hagen, hê.

Sodra Brendan Venter se aanstelling as verdedigings-konsultant bevestig word, sal daar drie gekwalifiseerde dokters in die bestuurspan wees!

Jy hoef nie ’n kernfisikus te wees nie om uit te werk wat hier aan die gang is. Sou Saru ook vir Mampane herontplooi of in die pad steek, sal dit lyk of hy oorwegend etnies swart werknemers vir die span se gesukkel verantwoordelik hou.

As ek Stick was, sou ek briesend wees en Saru se diens verlaat. Waarom moet net hy verantwoordelik gehou word en nie die ander hulpafrigters nie? En wat van die hoofafrigter self?

Dan het jy ook die agendas wat hulle agter die skerms afspeel. Abe Davids, broer van Saru se adjunkpresident, Francois, is ’n hulpafrigter van die SA A-span.

Nietemin hoop ek Saru hou Deon Davids se posisie in gedagte, want sy aanstelling in ’n strategiese posisie is weer ’n geleentheid om transformasie op verdienste te laat geskied.

Dis nou dieselfde Abe wat as hoofafrigter by die Boland-Kavaliers en SWD-Arende misluk het.

As verdienste tel, is ek ’n voorstander van transformasie en ek glo Saru het verlede jaar die regte ding gedoen deur Coetzee aan te stel. Van al die plaaslike kandidate was sy CV die sterkste, maar hy het misluk – wat die omstandighede ook al was waaronder hy gewerk het.

As Siya Kolisi fiks bly, glo ek hy kan ’n sterk kandidaat wees om in Junie die Bokke te lei. Hy sal Suid-Afrika se eerste etnies swart toetskaptein wees.

Warren Whiteley, Pat Lambie en Handré Pollard is ook kandidate vir dié pos.

As dit op verdienste geskied, sal dit ’n positiewe verwikkeling wees en baie druk op Saru verlig.

Nietemin hoop ek Saru hou Deon Davids se posisie in gedagte, want sy aanstelling in ’n strategiese posisie is weer ’n geleentheid om transformasie op verdienste te laat geskied.

’n Goeie roep sou dalk die posisie van SA o.20-afrigter gewees het, maar helaas is Chean Roux reeds aangestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.