26 April 07:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

SuperRugby
‘All Black-agttal’ teen Stormers

Die Crusaders spog met sewe All Blacks in hul agttal vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers in Christchurch.

Sam Whitelock, die Crusaders se kaptein, gesels Donderdag langs die oefenveld met die media voor Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers in Christchurch. Foto: Getty Images

Om die skaal van die uitdaging wat op die Kapenaars wag verder in perspektief te stel – twee gevestigde All Blacks in die loskopstut Wyatt Crockett (58 toetse) en die slot Luke Romano (26) – is op die plaasvervangerbank.

Die span word aangevoer deur die slot Sam Whitelock, wat al 84 toetse agter die blad het. Kieran Read, die All Blacks se kaptein en ’n veteraan van 97 toetse, begin as agtsteman. Owen Franks, die All Blacks se senior vaskopstut met 90 toetse agter sy naam, dra die nr. 3-trui.

Ander manne in die agttal wat al toetsrugby gespeel het, is die haker Codie Taylor (15 toetse), die slot Scott Barrett (4) en die loskopstut Joe Moody (24).

Die enigste voorspeler in die beginspan wat nog nie toetsrugby gespeel het nie, is die flank Jordan Taufua.

Agterlangs is daar aansienlik minder ervaring, met die binnesenter Ryan Crotty (26 toetse) in die beseerde heelagter Israel Dagg se afwesigheid die mees senior speler.

Crusaders: David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Mitchell Drummond, Kieran Read, Matt Todd, Jordan Taufua, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Ben Funnell, Wyatt Crockett, Michael Alaalatoa, Luke Romano, Pete Samu, Bryn Hall, Mitchell Hunt, Manasa Mataele. 

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.