27 April 18:39
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

SuperRugby
Baabaas moet Leeus se tande help slyp

Oefenwedstryde teen twee Super-spanne wag hierdie voorseisoen op die Leeus se rugbyspan.

Rohan Janse van Rensburg (regs) en Ruan Combrinck (links) was verlede jaar twee van die Leeus se groot uitblinkers in die Superrugby-reeks. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se suksesvolste span in verlede jaar se Super-reeks, en ook die naaswenner, kom in opwarmingswedstryde teen die Bulle en die Stormers te staan.

Die Leeus pak die Bulle op 28 Januarie in Harare en hul laaste slypkans vir die seisoen is op 11 Februarie teen die Stormers in Kaapstad.

Tussenin is daar ook ’n kragmeting op 4 Februarie op Ellispark teen ’n Barbarians-span.

Dit is 24 jaar gelede wat die Leeus, toe nog Transvaal, teen ’n Barbarians-span gespeel het. Vorige kragmetings met dié uitnodigingspan was in 1958, ’82 en ’92.

Dié tradisie herleef nou weer en volgens ’n verklaring van die Leeus sal die Barbarians bestaan uit spelers van die Luiperds, die Griffons en ook verskeie klubs soos die Gold Cup-kampioen, Impala van Rustenburg, asook Brakpan, Pretoria Polisie, Pirates en Raiders.

Verlede jaar het die Leeus in Kempton Park oefenwedstryde teen die Valke en die Luiperds gespeel, maar dit het nie regtig die doel gedien nie weens die swak gehalte van die teenstand.

Die Valke het nog aanvanklik stewige weerstand gebied, maar die stryd teen die Luiperds was baie teleurstellend en niks minder as ’n mors van tyd nie met die Noordwesters wat met ’n afgewaterde span diens gedoen het en meer as ’n 100 punte afgestaan het.

Hopelik sal hierdie fiasko hom nie weer afspeel nie en sal die Barbarians-span wat gekies word, van ’n gehalte wees wat die Leeus darem iets sal gee om oor te dink.

Die Leeus se eerste Super-wedstryd is op 25 Februarie in Bloemfontein teen die Cheetahs.

Hul Super-groep word vroeg in Februarie aangekondig en die Leeus hou ook ’n oefenkamp van 5 tot 8 Februarie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.