28 Julie 00:44
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

SuperRugby
Beauden briljant vir Hurricanes teen Brumbies
Beauden Barrett op sy stukke vir die Hurricanes in Vrydag se Superrugby-wedstryd teen die Brumbies in Napier.Foto: Getty Images

Ons almal weet hoe goed Chuck Norris is, maar selfs hy is waarskynlik nie ’n beter losskakel as die Hurricanes se Beauden Barrett nie.

Die 25-jarige Barrett het Vrydag in Napier weer sy towerstaf geswaai in ’n verspot maklike Superrugby-sege van 56-21 oor die Brumbies.

’n Mens sou dink daar is teen dié tyd al genoeg beeldmateriaal beskikbaar om te leer hoe om Barrett vas te vat, maar hy is so glibberig soos ’n paling wat in botter beland het.

Dan is daar sy berekende skopwerk uit die hand, met drie van die Hurricanes se agt drieë wat gister juis die produk van akkurate dwarsskoppe was.

Sy kleinboetie, die 20-jarige Jordie, het weer beïndruk op heelagter en uit elke hoek foutloos verdoel.

Die enigste kritiek wat ’n mens gereeld oor die Hurricanes kan uitspreek, is dat hulle sogenaamde sagte oomblikke in wedstryde het. Elke dan en wan is dit asof hulle afskakel en dit was Vrydag weer die geval, met die Brumbies wat danksy drie drieë binne agt minute met die aanbreek van rustyd met 21-14 voor was.

Sy kleinboetie, die 20-jarige Jordie, het weer beïndruk op heelagter en uit elke hoek foutloos verdoel.

In die tweede helfte was die Hurricanes egter van die begin tot die einde gemaklik baas. Hul taak is vergemaklik deur ’n professionele oortreding wat die Brumbies se losskakel, Wharenui Hawera, kort ná die omdraaislag in die koelkas laat beland het.

’n Mens vergaap jou soms so aan die Hurricanes se agterspelers dat jy nie altyd besef hoe goed hul voorspelers is nie. Daardie punt is gemaak toe hulle die fees in die tweede helfte met ’n drie van ’n rolmaalbeweging afgesluit het.

Puntemakers: Hurricanes 56 (14): Drieë: Vince Aso (3), Cory Jane, Callum Gibbins (2), Mark Abbott, Ngani Laumape. Doelskoppe: Jordie Barrett (7), Otere Black

Brumbies 21 (21): Drieë: Tevita Kuridrani, Sam Carter, Joe Powell. Doelskoppe: Wharenui Hawera (3).

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.