Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
SuperRugby
Cassiem hoop dat hy teen Bulle kan uitdraf

Die Cheetahs het dalk hul tweede plek in die Afrika 1-konferensie aan die Bulle afgestaan, maar die goeie nuus is dat Uzair Cassiem moontlik Saterdag sy terugkeer op Loftus Versfeld teen hulle kan maak.

Die Cheetahs se Springbok-flank Uzair Cassiem, kan Saterdag in Pretoria teen die Bulle sy terugkeer tot Superrugby maak nadat hy van ’n kniebesering herstel het. Foto: Gallo Images

Die Springbok-flank het sy knie in die eerste wedstryd teen die Bulle beseer en weens dié besering intussen die span se afgelope vyf Superrugby-wedstryde misgeloop.

Cassiem sal nie net wil wys dat hy oorgehaal is nie, hy sal die Bok-afrigtingspan terselfdertyd wil beïndruk.

“Die plan was altyd dat ek teen die Bulle my terugkeer kan maak. Ek het hard geoefen en die rehabilitasie het goed verloop. Ek sien uit daarna om te speel as ek gekies word,” sê Cassiem.

Hy sê die laaste paar weke se oefeninge was om die spiere rondom die knieligament sterk te maak en alles voel nou 100%.

Ofskoon Cassiem ’n klomp weke ’n toeskouer was, is hy ook erg geraak deur die nuus dat die Cheetahs en die Southern Kings moontlik hul Superrugby-status kwyt kan wees.

“Al die gepraat oor watter spanne moontlik uit die reeks gesny kan word, raak al die spelers in die span. Dit is daarom dat ek so gemotiveerd is om my terugkeer te maak om die Cheetahs te help en Suid-Afrika te wys dat ons in Superrugby hoort,” sê Cassiem.

Oupa Mohoje, die Cheetahs se ander Springbok-flank – wat die veld Saterdag in die 27ste minuut teen die Chiefs verlaat het – gaan Dinsdag vir ’n rugskandering.

Daar sal straks later die week ’n besluit geneem word oor die beskikbaarheid van die losskakel Niel Marais wat die veld ná 49 minute verlaat het met ’n harde stamp teen die knie. So ook die stut Ox Nche wat ’n harde stamp teen die bobeen weg het.

* Intussen het dit aan die lig gekom dat die Franse klubspan Grenoble agter die dienste van die Cheetahs-slot Francois Uys aan is. Uys het ’n klousule in sy kontrak, wat bepaal dat dit hom vrystaan om ná afloop van die Superrugby-reeks elders te gaan speel. Hy het hom verlede jaar ná die Superrugby-reeks by die Japanse klub Yokogawa aangesluit.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Cheetahs  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.