26 Junie 20:53
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

SuperRugby
Cheetahs-groep vir 2017 het baie ervaring

Net vier spelers in die groep wat Vrydag deur die Cheetahs aangekondig is, het nog nie Superrugby gespeel nie.

Justin Basson
Dennis Visser
Zee Mkhabela

Die slotte Justin Basson en Dennis Visser, skrumskakel Zee Mkhabela en die veelsydige senter Clinton Swart is die enigste Superrugby-groentjies in die groep van 37 spelers wat die afrigter Franco Smith vir vanjaar se Superrugby-veldtog aangekondig het.

“Ek het nie die hele groep aangekondig nie, die groep kan 47 wees, maar ek gaan my tyd neem om die res aan te kondig,” het Smith gesê.

“Ek glo 2017 gaan beslis ’n verbetering op verlede jaar wees. Ons is op ’n beter plek en daarby het ons hard gewerk.”

Altesame 22 spelers wat in die Curriebekereindstryd vir die seëvierende Vrystaat-Cheetahs gespeel het, is in die groep.

Die Springbok-senter Francois Venter sal die span weer aanvoer. Hy herstel nog van ’n enkeloperasie en behoort op 4 Maart teen die Bulle oorweeg te word.

Die Cheetahs sal die reeks dus volgende week met ’n ander kaptein moet begin.

Die haker Torsten van Jaarsveld is ’n sterk kandidaat om die span aan te voer. Hy het dit reeds in ’n oefenwedstryd teen die Haaie in Umlazi en in ’n kontaksessie teen die Griffons in Bloemfontein gedoen.

Die slot Francois Uys is die mees ervare speler in die groep met 77 wedstryde vir die Cheetahs. Die senter

Rayno Benjamin het ook reeds 77 Superrugby-wedstryde gespeel waarvan 54 vir die Cheetahs was. Hy was ook vir die Cats, Stormers en Leeus in aksie.

Daar is agt spelers in die groep wat vyf en minder Super-wedstryde gespeel het.

Die eerste wedstryd teen die Leeus volgende Saterdag in Bloemfontein kan die losvoorspeler Boom Prinsloo se 50ste wees.

Cheetah-groep
Cheetah-groep (Super-wedstryde in hakies):
Agterspelers: Ryno Eksteen (1), Clayton Blommetjies (24), Michael van der Spuy (21), Clinton Swart (0), William Small-Smith (14), Nico Lee (7), Rayno Benjamin (77), Francois Venter (k, 45), Zee Mkhabela (0), Raymond Rhule (52), Sergeal Petersen (28), Niel Marais (13), Fred Zeilinga (26), Tian Meyer (40), Shaun Venter (53). Voorspelers: Henco Venter (17), Niell Jordaan (5), Boom Prinsloo (49), Uzair Cassiem (15), Oupa Mohoje (25), Tier Schoeman (14), Reniel Hugo (4), Dennis Visser (0), Francois Uys (77), Armandt Koster (3), Hilton Lobberts (19), Carl Wegner (31), Justin Basson (0), Aranos Coetzee (9), Tom Botha (15), Elandré Huggett (1), Jacques du Toit (8), Torsten van Jaarsveld (36), Charles Marais (14), Ox Nche (12), Joseph Dweba (3), Danie Mienie (18).
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    NETWERK24 Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.