30 Mei 11:16
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

SuperRugby
Cheetahs bly in Superreeks

Die Cheetahs sal sy Superstatus behou.

Dié versekering is Maandag gegee deur Harold Verster, die uitvoerende hoof van die Cheetahs Maatskappy.

Harold Verster. Foto: Gallo Images

Volgens Verster sal die aantal spanne in die Superreeks aanstaande jaar van 18 tot 16 besnoei word. Dit beteken net een Suid-Afrikaanse span sal waarskynlik uit die kompetisie geboender word, saam met een van Australië.

Top-amptenare van Sanzaar, die beheerliggaam vir Superrugby, en sy lidlande het einde verlede week in Londen ’n beraad gehou oor die toekomstige formaat van die kompetisie.

Verster wou nie sê waar hy gehoor het watter besluit by dié beraad geneem is nie.

“Al wat ek kan sê is dat ons veilig is. Ek hou maar my oor op die grond.

“Daar is baie bespiegel oor die huidige reeks en die formaat en dat twee spanne van Suid-Afrika en ’n span van Australië sal uitval. Daar was selfs bespiegelinge dat ons sou terugkeer na ’n Super12-reeks, maar my inligting is dat ons van die huidige 18 tot 16 spanne verklein gaan word, wat beteken die Cheetahs is veilig,” het Verster Maandag vol selfvertroue gesê.

“Toe ons (die Cheetahs) in 2008 ’n voorlegging moes maak vir ons deelname aan Superrugby, het ons naas die Westelike Provinsie die naasmeeste punte in die beoordelingsproses gekry.

“Ek het baie ervaring van die reeks en voel ons kan nou rustig wees. Daar kan mos nie ’n Superreeks sonder die Cheetahs wees nie. Ons bring kleur en opwinding na die reeks,” het Verster gesê.

Die Cheetahs is een van die spanne wat sou naels kou oor die veranderde formaat omdat hy minder toeskouers as die Stormers, Bulle, Leeus en Haaie lok en nie oor die ekonomiese spierkrag van ander streke beskik nie.

Die feit dat die bestaande Superreeks alom as lomp en onsamehangend beskou word, het meegebring dat Sanzaar weer moes kyk na ’n nuwe formaat met minder spanne.

Spanne soos die Southern Kings, Western Force en Melbourne Rebels is die sterkste kandidate om die trekpas te kry.

In die scenario wat Verster skets sal een Suid-Afrikaanse span en een van Australië die deur gewys word, maar die Jaguares en Sunwolves hul status behou.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se verteenwoordigers op die Sanzaar-vergadering, Mark Alexander (president) en Jurie Roux (uitvoerende hoof) was blykbaar te vinde daarvoor dat een Suid-Afrikaanse span in die slag bly en die kompetisie tot 16 spanne beperk word.

Dit sal straks beteken dat die Southern Kings, wat deur Saru gefinansier word, die trekpas sal kry.

Saru het Maandag gesê dat hy geen kommentaar oor die kwessie kan lewer nie aangesien dit ’n Sanzaar-aangeleentheid is.

“Ná twee dae van robuuste gesprekke is daar ’n aantal oorwegings wat nou verdere bespreking en oorlegpleging vereis,” het Andy Marinos, uitvoerende hoof van Sanzaar, in ’n verklaring gesê.

Marinos het gesê daar sal in die komende dae, sodra alle vergaderings afgehandel is, ’n formele aankondiging oor die formaat van die reeks gemaak word.

Sanzaar het in ’n verklaring gesê die rede vir sy vergadering in Londen was om die ekonomiese klimaat te ondersoek waarin hul toernooie (Superrugby en Rugbykampioenskap) aangebied word en om die stappe van strategiese beplanning wat in Mei verlede jaar begin het, te hersien.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.