23 Junie 22:50
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

SuperRugby
Fleck laat drie Bokke rus teen Sunwolves
Robbie Fleck, die Stormers-breier, het ’n paar hardebaarde ruskans gegee vir die Superstryd teen die Sunwolves in Singapoer. Foto: Nasief Manie

Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, het ’n berekende risiko vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Sunwolves geneem deur senior Springbokke in sy span te laat rus.

Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit, die Stormers se Springbok-slotpaar, was nie Maandagmiddag saam op die vliegtuig op pad Singapoer toe nie. Dieselfde geld die Bok-vaskopstut Frans Malherbe.

Die Stormers het in ’n nuusverklaring bevestig dat dié spelers nie oorweeg is nie omdat hulle op ’n “Springbok-bestuurplan” is. Daarvolgens word hul speelkans tot 15 wedstryde gedurende die Superreeks beperk.

In ’n verdere verwikkeling het die Skotse senter Huw Jones hom ná die Sesnasiesreeks as beseerde in die Moederstad aangemeld.

Hy is op ’n lang krukkelys saam met Jean-Luc du Plessis (losskakel), Jano Vermaak (skrumskakel), Cheslin Kolbe (vleuel), Juan de Jongh, Damian de Allende (albei senters), Steph de Wit (flank), Leolin Zas (vleuel) en Scarra Ntubeni (haker).

Die Stormers se toergroep is: Bjorn Basson, Kurt Coleman, Jan de Klerk, Dan du Plessis, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Rynhardt Elstadt, JC Janse van Rensburg, Oli Kebble, Siya Kolisi (k), Dan Kriel, Dillyn Leyds, Wilco Louw, Godlen Masimla, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe, Caylib Oosthuizen, Ramone Samuels, JD Shickerling, Seabelo Senatla, Frans van Wyk, Chris van Zyl, EW Viljoen, Cobus Wiese, Damian Willemse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.