30 April 18:35
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

SuperRugby
Gaan Haaie dié Rebel melk, of andersom?

’n Mens sou dink ’n melkboer sou liewers sy Superrugby-buiging teen die Bulle as die Haaie wou maak . . .

Die losskakel Curwin Bosch kan Saterdag die toutjies trek vir die Haaie in hul Superrugby-stryd teen die Melbourne Rebels in Durban. Foto: Gallo Images

Want selfs die Bulle se kenteken sou vir Will Miller, die Melbourne Rebels se oopkantflank, ’n bietjie aan sy familieplaas in die dorp Berry in Nieu-Suid-Wallis – waar hy voltyds werk – herinner.

Maar ’n ongenaakbare Superrugby-buiging is straks dié 23-jarige se voorland wanneer hy Saterdag op Kingspark in Durban teen die Haaie opdraf.

’n Rits beserings het die Rebels genoop om vir Miller, wat in Australië se plaaslike rugbyreeks speel, ’n korttermynkontrak aan te bied.

Die Sydney Morning Herald berig Simon Cron, die afrigter van Miller se Shute Shield-klubspan, Northern Suburbs, glo dié flank kan straks die besoekers se geheime wapen teen die Haaie wees.

“Hy sal goed wees in dié stryd, want die Haaie is gewoond aan groot, sterk voorspelers en Will is ligter en vinniger as die meeste oopkantflanke,” sê Cron.

“Hy het elektriese vaart en hy is ongelooflik sterk, so hy sal nie val as hulle hom die eerste keer duik nie. As die Haaie gapings los, sal hy daardeur skiet. Hy is baie dieselfde as Michael Hooper (die Wallaby-oopkantflank) met die vaart wat hy het,” sê Cron.

Dié lofprysing vir die jong melkboer is miskien ietwat oordrewe, maar as hy wel aan Hooper herinner, sal die Haaie hom vinnig by die afbreekpunte moet omploeg.

Anders melk Miller die Haaie straks vir ’n paar strafskoppe.

Die Haaie sal nietemin wil seker maak hulle boer in die besoekers se gesigte, want die verwagting is dat die Rebels die bal gaan rondslinger. Spelers soos die besoekers se senters, Mitch Inman en Tom English, en die heelagter, Reece Hodge, kan boonop seer byt in gebroke spel. Die tuisspan sal hulle geen beweegruimte kan gun nie.

Die Haaie se breier, Robert du Preez, het in die aanloop tot die wedstryd verseker die Rebels, wat nog net een wedstryd in die reeks kon wen, sal nie onderskat word nie. Desondanks het die Haaie ’n bonuspuntsege in hul visier.

Die jong melkboer Will Miller maak die naweek sy Superrugby-buiging op flank vir die Melbourne Rebels teen die Haaie in Durban. Foto: Getty Images

“Ons het sedert die begin van die jaar gesê ons wil aanskoulike rugby speel en drieë druk. Dit het nog nie regtig gebeur nie. So dit is in ons agterkoppe, maar ’n sege is natuurlik belangriker as bonuspunte” sê Du Preez.

Die Haaie sal eers moet verseker hulle lê ’n stewige grondslag sodat die wedstryd nie lostorring nie. Daarna kan die jong generaal, Curwin Bosch, met sy towerkunsies die spilpunt van die Haaie se aanval wees.

As Bosch se voorspelers hom op die voorvoet kan kry, kan hy die Haaie se gevaarlike agterspelers soos die senter Lukhanyo Am en die vleuels, Kobus van Wyk en Lwazi Mvovo, in gapings en spasie plaas.

Maar voor dít kan gebeur, sal die Haaie die vaste fasette en die afbreekpunte moet oorheers.

En dan sal die tuisspan ’n goeie opbrengs kan lewer. En selfs ’n bonuspunt inoes.

Spanne
Haaie: Rhyno Smith, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Cobus Reinach, Dan du Preez, Philip van der Walt, Tera Mtembu (k), Stephan Lewies, Etienne Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Franco Marais, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit, Lourens Adriaanse, Ruan Botha, Jacques Vermeulen, Michael Claassens, Benhard Janse van Rensburg, Jeremy Ward.

Rebels: Reece Hodge, Sefa Naivalu, Tom English, Mitch Inman, Marika Koroibete, Jack Debreczeni, Nic Stirzaker (k), Amanaki Mafi, Will Miller, Jake Schatz, Steve Cummins, Culum Retallick, Tyrel Lomax, Siliva Siliva, Fereti Sa’aga. PLAASVERVANGERS: James Hanson, Laurie Weeks, Tom Moloney, Esei Haangana, Hugh Sinclair, Mick Snowden, Jackson Garden-Bachop, Ben Volavola.


Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Assistent-skeidsregters: Egon Seconds en Stuart Berry.

TV-skeidsregter: Marius Jonker.

TV: 19:15 op SS 1.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.