26 April 08:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

SuperRugby
Karaktertoets wag op Loftus vir Cheetahs

Die manier waarop die Cheetahs die eerste 40 minute teen die Chiefs in Bloemfontein gespeel het, sal teen die Bulle herhaal moet word, maar vir 80 minute.

Dis wat die Cheetahs se kaptein en Springbok-senter Francois Venter van sy troepe verwag wanneer hulle Saterdag op Loftus Versfeld teen hul aartsvyande aantree.

William Small-Smith Foto: Mlungisi Louw

Die Cheetahs het verlede week teen die Chiefs ’n voorsprong van 24-0 opgebou, maar toe met 27-41 verloor. Hulle het ook in die eerste Superrugby-wedstryd teen die Bulle in Bloemfontein ná 48 minute nog met 31-14 voorgeloop, maar toe ná ’n goeie terugvegpoging deur die Bulle met 34-28 gewen.

Venter sê Saterdag se wedstryd gaan nou ’n karaktertoets vir hulle wees ná die terugslag teen die Chiefs.

Dit was die Cheetahs se vierde agtereenvolgende nederlaag.

“Die verantwoordelikheid lê by ons om die seisoen om te draai. Ons wil wys ons is goed genoeg en nie net vir 40 minute nie. Ons was teen die Chiefs vir 73 minute nog binne trefafstand. Ons het egter toe twee drieë afgestaan wat die wedstryd van ons weggeneem het. Die Cheetahs sal altyd veg, maar dit voel vir my asof ons nie volgens ons vermoë speel nie.

“Ons moet nou alle faktore van buite uitskuif en fokus op wat ons moet doen. Net nadat ons begin verloor het, het ons begin fokus op die uitslae en nie wat gedoen moet word nie. Nou moet ons net weer die energie terugkry in die span en weer hardlooprugby speel,” sê Venter.

Die veelsydige William Small-Smith, wat soos Venter ook ’n draai by die Bulle gemaak het, is die enigste nuweling in die agterlyn.

Venter waarsku dat die Bulle ook ’n gekweste span is.

“Hulle het nie die uitslae gekry wat hulle gewoonlik kry nie. Dit gaan van hulle ’n gevaarlike span maak.”

Die Bulle was verlede week teen die Jaquares weer op die wenpad ná drie agtereenvolgende nederlae. Hulle het soos die Cheetahs ook reeds vyf van hul sewe wedstryde verloor.

Spanne
Cheetahs: Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Francois Venter (k), Nico Lee, Raymond Rhule, Niel Marais, Shaun Venter, Henco Venter, Oupa Mohoje, Tier Schoeman, Carl Wegner, Armandt Koster, Aranos Coetzee, Torsten van Jaarsveld, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Elandré Huggett, Ox Nche, Tom Botha, Francois Uys, Niell Jordaan, Uzair Cassiem, Tian Meyer, Fred Zeilinga.

Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Piet van Zyl, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Lood de Jager, Jason Jenkins, Jacobie Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Pierre Schoeman. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Lizo Gqoboka, Martin Dreyer, RG Snyman, Jacques Potgieter, Rudy Paige, Francois Brummer, Franco Naudé.

Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NS).

Assistent-skeidsregters: Angus Gardner (Aus) en AJ Jacbos (SA).

TV-skeidsregter: Willie Vos (SA).

Afskop: 17:15

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.