18 Augustus 14:38
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

SuperRugby
Kings het die druk gevoel, sê Cronjé

Wat vir die een ’n verleentheid is, is vir die ander een ’n hoogtepunt!

Die reaksies was te verstane uiteenlopend nadat die Southern Kings Vrydag die Waratahs in Sydney geklop het.

Kurt Haupt van die Kings vier fees saam met sy spanmaats.Foto: Getty Images

Die Kings was met 26-24 baas nadat hulle met die rustyd nog met 7-17 agtergeloop het.

“Dit was ’n emosionele toer en die druk was op ons,” sê Lionel Cronjé, die Kings se kaptein, met verwysing na die onsekerheid oor sy span se toekoms in Superrugby.

“Ek is verheug dat ons hierdie wedstryd kon wen. Ek kan nie beskryf hoe trots ek op die ouens is nie.”

Dit was die Kings se tweede oorwinning in vanjaar se reeks. Hulle het verlede maand die Sunwolves met 37-23 in Singapoer geklop.

Michael Hooper, die Waratahs se kaptein, se kop het gehang.

“Dit was ’n verleentheid. Ek het amper nie die woorde om te beskryf hoe sleg ek voel nie,” sê hy.

“Ons vaste fasette was aaklig. Daar is baie gepraat, maar daar was min aksie.”

Voor die Waratahs se nederlaag het die Hurricanes boonop die Brumbies in Napier met 56-21 afgeslag. Australiese ondersteuners was dus Vrydagaand dalk ietwat terneergedruk.

Die grootste vernedering vir Hooper was die strafdrie wat die Kings kort voor die einde van die wedstryd gekry het.

Daar is ’n paar keer naby die Waratahs se doellyn geskrum en toe die Aussies weer nonsens aanjaag, het Rohan Hoffmann, die skeidsregter, sy geduld verloor.

Die strafdrie wat hy aan die Kings toegeken het, het die deurslag gegee. Met net ’n paar minute oor was die Kings toe met nege punte voor.

Irné Herbst van die Southern Kings rank hoog in Vrydag se kragmeting met die Waratahs in Sydney. Die Kings was met 26-24 baas.Foto: Getty Images

Hoewel die Waratahs reg teen die einde ’n laaste drie gedruk het, was die koeël reeds deur die kerk.

Deon Davids, die Kings se afrigter, was vol lof vir sy voorspelers.

“In die laaste paar wedstryde was ons spel voorlangs ons achilleshiel, so ek is baie bly dat die manne hul spel kon lig,” sê Davids.

Die Kings het hul man deeglik in die vaste skrums gestaan. Hulle het ook ’n paar balle by die Waratahs in die lynstane en by die afbreekpunte afgeneem.

Die baljagter Chris Cloete was oudergewoonte uitstekend, hoewel hy dié keer tien minute moes gaan afkoel ná ’n hoogvat. Tyler Paul (flank) en Michael Willemse (haker) het ook die oog gevang.

Die rustydtelling is eintlik taamlik misleidend aangesien twee van die Waratahs se drieë teen die verloop van die spel gekom het.

Die Kings was twee keer sterk op die aanval op die Waratahs se doellyn. Hulle het egter twee keer balbesit verloor en die tuisspan het langafstanddrieë gedruk.

Die Kings het weliswaar vier drieë afgestaan, maar hul verdediging was meestal baie goed. Veral die senter Berton Klaasen was baie aktief op die verdediging.

“Ons kon meer drieë gekry het as ons geduldiger was en die bal beter beskerm het,” sê Davids.

Dit was slegs die Kings se tweede oorwinning in Australië. Hulle het in 2003 met 30-27 teen die Rebels gewen.

Die Oos-Kapenaars het nou Aussie-bloed geproe. Hulle speel volgende Saterdag ’n tuiswedstryd teen die Rebels.

Puntemakers

Southern Kings: 26 (7): Drieë: Justin Forwood, Masixole Banda, Michael Willemse, strafdrie (7 punte). Doelskoppe: Lionel Cronjé (2).

Waratahs: 24 (17): Drieë: Taqele Naiyarovo (2), Rob Horne, Cameron Clark. Doelskoppe: Bernard Foley (2).

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.