30 April 16:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

SuperRugby
Nuwe reëls geld vir TV-beamptes in Super-rugby

Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, het veranderings aan die protokol vir die aanwending van televisie-skeidsregters in die komende Superrugby-reeks aangebring.

Andy Marinos. Foto: Getty Images

Die wysigings word moontlik gemaak deur nuwe tegnologie, soos gesplete televisieskerms, asook die hoeveelheid kamerahoeke wat beskikbaar is.

Sanzaar sal met die veranderinge poog om die besluitnemingsproses meer akkuraat en effektief te maak.

As ’n skeidsregter, assistent- of televisie-skeidsregter voortaan op ’n kykweer ’n beslissing wil hersien, sal die skeidsregter eers sy oorspronlike beslissing bekend moet maak aan die TV-beampte.

Die TV-skeidsregter sal die videomateriaal dan bestudeer en besluit of daar genoegsame bewyse is om die skeidsregter se beslissing om te keer. Indien nie, sal die oorspronklike beslissing geld.

Die tipe beslissings wat verwys kan word bly dieselfde, met slegs voorvalle wat sover as twee fases terug gebeur het, wat deur ’n TV-skeidsregter bestudeer kan word.

Dit geld egter nie vir moontlike vuilspel nie. Die skeidsregter kan só ’n voorval te enige tyd op die grootskerm hersien, of die televisie-skeidsregter vra om dit te doen sonder dat hy vooraf eers ’n beslissing hoef te maak.

Andy Marinos, Sanzaar se uitvoerende hoof, het gesê die algemene konsensus is dat die nuwe protokol tyd gaan spaar.

“Die ongemaklike gesprekke tussen die skeidsregter en die televisie-skeidsregter sal nou uitgeskakel word.”

Marinos is van mening die wysigings sal toeskouers se ervaring ook verbeter.

“Hierdie wysigings bring ons in pas met ander hoëprestasie-sportsoorte, wat almal oor ’n televisie-skeidsregter-protokol beskik.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.