26 April 07:59
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

SuperRugby
Seer lies hou SP Marais langs die kantlyn

’n Liesbering hou SP Marais vandeesweek langs die kantlyn, maar hy behoort weer fiks te wees wanneer die Stormers aanstaande week in Dunedin met die Highlanders kragte meet.

Die beseerde SP Marais. Foto: Gallo Images

Intussen is Dillyn Leyds na die laaste vesting toe geskuif vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders in Christchurch. Dit skep vir die vergete Springbok Bjorn Basson ’n geleentheid op linkervleuel.

“SP se lies lol al die afgelope twee weke. Dis iets wat ons bestuur het, maar ons het gevoel hy moet nou heeltemal rus sodat hy fiks kan wees vir die res van die toer. Dillyn speel nou in sy verkose posisie. Hy het geskitter toe ons hom teen die Sunwolves as heelagter gekies het,” het die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, Donderdag in ’n telefoononderhoud uit Auckland gesê.

Die Stormers pak Vrydagoggend die reistog Christchurch toe aan.

Met dié dat Siya Kolisi vandeesweek rus, sal die Bok-slot Eben Etzebeth die span aanvoer. Fleck het egter verras deur vir Chris van Zyl as Etzebeth se slotmaat te kies en Pieter-Steph du Toit flank toe te skuif in Kolisi se plek.

“Ons wou ’n sterk baldraer kies en ook die lynstaan versterk gegewe die bedreiging wat die Crusaders by die vaste fasette inhou. Pieter-Steph beantwoord dus ’n paar vrae. Die Crusaders put trots uit hul vaste fasette en ons het ook teen die Leeus gesukkel met momentum aan die steelkant,” sê Fleck.

Terwyl die wysheid om een van die wêreld se voorste nr. 5-slotte flank toe te skuif, betwis kan word, kan Du Toit nietemin balans aan die losvoorspelerkombinasie gee. Die Stormers het ’n behoefte aan ’n groot steelkantflank wat die bal sterk kan dra.

In nóg ’n interessante skuif is Dewaldt Duvenage vandeesweek bo Jano Vermaak as skrumskakel gekies. Moontlik het dit te make met die Stormers se taktiese skopplan, want hulle kry met Duvenage die linksvoetige skopper wat hulle in Marais verloor het.

Die enigste ander skuif is ’n geval van rotasie op vaskopstut, waar Wilco Louw die Bok Frans Malherbe vervang.

Terwyl die dobbelstene teen hulle gelaai is, koester Fleck sterk die hoop dat sy Stormers-span die eerste kan word wat die Crusaders in Christchurch klop. Hy besef egter hoe groot die uitdaging gaan wees.

“Die Crusaders het deur die jare heen ’n kultuur opgebou wat hulle sterk maak. Scott Robertson (die afrigter) het daardie tradisionele aspekte terug na hul spel gebring. Hulle is voorlangs sterk en skop takties goed,” sê Fleck.

“Die Crusaders se wedstrydplan is eenvoudig, maar doeltreffend. Hulle is deurspek met All Blacks en die afrigting is baie goed. Dis ’n groot uitdaging vir ons, maar die spelers is opgewonde daaroor. Dit sal een vir die geskiedenisboeke wees as ons hulle kan klop.”

Die Stormers-span is: Dillyn Leyds, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Dan du Plessis, Bjorn Basson, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Nizaam Carr, Chris van Zyl, Eben Etzebeth (k), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Ramone Samuels, Oli Kebble, Frans Malherbe, Jan de Klerk, Cobus Wiese, Jano Vermaak, Kurt Coleman, Dan Kriel.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.