30 April 16:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

SuperRugby
Stormers het ’n vegterskans teen Crusaders

Met die uitsondering van ’n nederlaag teen die Haaie in 2014, het die Crusaders op tuisbodem al 38 van hul laaste Superrugby-wedstryde teen Suid-Afrikaanse teenstanders gewen.

Die slot Eben Etzebeth is die enigste Stormers-speler wat vandag op die veld draf met ’n groter reputasie as sy regstreekse teenstander.Foto: Gallo Images

Wat maak dan die Stormers van 2017 só spesiaal dat ons dink hulle kan dalk Saterdag in Christchurch die pyp gaan rook?

Kom ons noem dit maar ’n vegterskans.

Stormers-sukses berus uitsluitlik daarop of die Kapenaars se agttal met die Crusaders se All Black-belaaide pak kan saamgesels.

Die grootste uitdaging gaan fisiek van aard wees. JC Janse van Rensburg en Wilco Louw sal byvoorbeeld diep genoeg moet delf om die All Black-stutte Owen Franks en Joe Moody in toom te kan hou.

En sodra die Stormers die vars bene van die Bok-vaskop Frans Malherbe opstuur, sal die Crusaders waarskynlik met die All Black Wyatt Crockett as teenvoeter antwoord.

Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, het met dié spesifieke uitdaging in gedagte ook ’n groter pak voorspelers as gewoonlik gekies deur die Bok-slot Pieter-Steph du Toit flank toe te skuif.

Chris van Zyl, wat hom nog nie op hierdie vlak as slot bewys het nie, is gevolglik daarmee getaak om leiding aan die Stormers se lynstaan te gee met die gesoute All Black nr. 5-slot Sam Whitelock as regstreekse teenstander.

Dít op ’n tyd wanneer die Stormers se lynstaanspel op eie ingooi geensins waffers is nie.

Elders is die dobbelstene ook teen die Stormers gelaai. Sikhumbuzo Notshe toon baie belofte as ’n agtsteman, maar gaan skielik nou aan die All Black-kaptein, Kieran Read, gemeet word.

En kan Nizaam Carr in die rol van baljagter met Matt Todd saamgesels?

Daar is soveel vrae oor die Stormers en in alle eerlikheid kan ’n mens nie met vertroue sê dat hulle Saterdag die antwoorde gaan hê nie.

Terselfdertyd is hierdie ’n vegterskans in die hande van ’n span wat vanjaar gewys het dat hy graag die oomblik aangryp.

Die Stormers speel sonder die vrees van mislukking en dís wat die beste uit opwindende agterspelers soos Dillyn Leyds en EW Viljoen haal.

Voor daardie manne egter in Christchurch die bal in die hande kan kry, is daar ’n agttal wat bo sy vermoëns moet speel.

Met Du Toit nou buite posisie, is die slot Eben Etzebeth waarskynlik die enigste van die Stormers se voorspelers wat hom op ’n groter reputasie as sy regstreekse teenstander kan roem.

Hierdie is wel ’n Stormers-span wat al gewys het dat hy hom nie aan reputasies steur nie, maar dit gaan iets buite die gewone verg om die vegterskans in ’n sege te omskep.

Spanne
Stormers: Dillyn Leyds, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Dan du Plessis, Bjorn Basson, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Nizaam Carr, Chris van Zyl, Eben Etzebeth (k), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Ramone Samuels, Oli Kebble, Frans Malherbe, Jan de Klerk, Cobus Wiese, Jano Vermaak, Kurt Coleman, Dan Kriel.

Crusaders: David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Mitchell Drummond, Kieran Read, Matt Todd, Jordan Taufua, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Ben Funnell, Wyatt Crockett, Michael Alaalatoa, Luke Romano, Pete Samu, Bryn Hall, Mitchell Hunt, Manasa Mataele.

Skeidsregter: Paul Williams

Assistent-skeidsregters: Nick Briant en James Doleman

TV-skeidsregter: Aaron Paterson

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.