18 Augustus 22:14
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

SuperRugby
Swys weet Dinsdag oor stryd teen Haaie
Francois VenterFoto: Gallo Images

Die Cheetahs se kaptein en senter, Francois “Swys” Venter, hoop hy kry Dinsdag die jawoord om Saterdag in hulle Superrugby-wedstryd teen die Haaie losgelaat te word.

Die span se planmaker was weens ’n enkeloperasie in Desember nog nie vanjaar in die reeks in aksie nie.

Hy jeuk behoorlik om te speel.

“Ek wil baie graag speel en sien uit daarna om op die veld te wees. Ek was hopeloos te lank op die kantlyn. Ek het verlede week goed geoefen en ek voel goed.

“Dit is nog net my kuitspier wat ek glo nog sterker moet word en so ook die spiere om my enkel, andersins is ek honderd persent,” sê Venter.

Hy het die enkelbesering verlede jaar in die Curriebeker-reeks opgedoen en dit het tydens die Springbokke se toer na Europa weer opgevlam.

’n Operasie was met sy terugkeer nodig.

Venter het gesê hy sal graag Saterdag teen die Haaie wil speel omdat dit vir hulle ’n belangrike wedstryd is.

Die Cheetahs sal ná hul nederlaag van 41-14 teen die Jaguares in Buenos Aires terug op die wenpad wil kom.

Die Cheetahs het met hul Springbok-senter se afwesigheid reeds drie verskillende senterpare ingespan.

Clinton Swart van Griekwas, wat hom tot dusver goed van sy taak kwyt, was in die eerste twee wedstryde teen die Leeus en Bulle op binnesenter Nico Lee se sentermaat.

Lee is ná ’n skouerbesering in die wedstryd teen die Sunwolves met Rayno Benjamin vervang.

Swart en Michael van der Spuy, in sy eerste wedstryd vanjaar, was die afgelope Saterdag in Buenos Aires die senterpaar.

Van der Spuy, wie se loopbaan in die weegskaal was ná hoofpyne, het sy terugkeer met een van die span se twee drieë teen die Jaguares gevier.

Lee kan straks ook vandeesweek fiks verklaar word. Hy en Venter het verlede jaar in die Curriebeker-reeks uitstekend gekombineer.

“Dit maak nie saak saam met wie ek speel nie – dis nou te sê as ek sal speel en gekies word – dit het nog altyd oor die span gegaan. Ek wag vir die span om terug te kom en daar sal dan ’n besluit geneem word,” het Venter gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.