23 April 21:33
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Woensdag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 77%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Vrydag

21°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Saterdag

24°C / 17°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

SuperRugby
Tornado word ’n windjie
Die Cheetah-senter Nico Lee word gister in Bloemfontein om die enkels beetgekry deur ’n Chiefs-verdediger.Foto: mlungisi LOUW

Wat gelyk het na die Moeder van alle Bomme wat die Cheetahs Saterdag hier op sy tuisveld op die Chiefs én die SA rugbybase sou laat val om hom te wreek op sy “vyande” wat hom uit Superrugby wil dwing, was toe net ’n windjie!

Vir die volle eerste 40 minute was die Cheetahs op koers om die groot bom netjies op sy teiken neer te sit en sy kritici die lug in te blaas. Maar toe tref al die rampspoed waaraan ’n mens kan dink die Vrystaters – deur eie toedoen en deur die toedoen van briljante spel aan die Chiefs se kant.

Die besoekers, een van Nieu-Seeland se topspanne, het in ’n merkwaardige terugvegpoging daarin geslaag om eindelik 41-27 te wen, nadat die Vrystaters in ’n stadium 24-7 voor was en met rustyd ’n ewe windmakerige voorsprong van 24-14 gehad het.

Oupa Mohojé se besering in die 27ste minuut was ’n yslike terugslag vir die Cheetahs. Hy het in dié tydperk sy beste rugby van die afgelope 24 maande gespeel.

Francois Venter van die Cheetahs duik oor vir sy drie.

Die Chiefs is egter ’n span vir die groot oomblikke. Elke slag toe dit saak gemaak het, het die besoekers punte behaal. Die vleuel Toni Pulu se tweede drie net voor rustyd is ’n goeie voorbeeld daarvan.

Sy drie was van groot sielkundige waarde vir die besoekers, wat aanvanklik nie ’n teenvoeter vir die tuisspan se slim grondskoppies gehad het nie.

Ná rustyd het die Chiefs die meerderheid balbesit gehad en die fisieke konfrontasies oorheers. Die Cheetahs het steeds kanse gehad, maar kon dit nie benut om ’n eerste sege sedert 1997 oor die Nieu-Seelandse streekspan te behaal nie.

Die Chiefs het in die tweede helfte ook die tempo verhoog, met die tuisspan wat nie meer al die gate kon toestop nie.

Sam McNicol en Damian McKenzie het die Cheetahs se verdedigers soms onbeholpe laat lyk.

McNicol is ’n onderskatte aanvaller, terwyl McKenzie vir ’n slag meer gate vir sy mede-agterspelers geskep het as vir homself.

Die besoekende skakelpaar het ook sake takties veel beter beheer in die tweede helfte nadat hulle aanvanklik tweede viool gespeel het in die eerste 40 minute teen Shaun Venter en Niel Marais.

Aaron Cruden se besluit om hom later vanjaar by Montpellier aan te sluit, is ’n groot verlies vir die Chiefs én die All Blacks.

Tawera Kerr-Barlow is agterna welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys. Sy drie, veral die vaartversnelling waarmee hy deur die gaping geglip het, het sy gehalte onderstreep.

Hoe ’n mens ook al na die kragmeting kyk, die Cheetahs het eintlik verstom ná hul swak spel ’n week gelede teen die Stormers op Nuweland.

Hulle was ’n orkaan in daardie eerste 40 minute, dreigend om die Chiefs weg te blaas. Maar hulle het in die tweede helfte uitgesak en baie onnodige flaters gemaak.

Spelers soos Raymond Rhule, Marais en Torsten van Jaarsveld het hul kant gebring.

Rhule het gister net weer gewys hy is die gevaarlikste linkervleuel in die land. Elke slag wanneer hy aan die bal geraak het, het dinge gebeur. Selfs sy verdediging is strate beter as in die verlede.

Van Jaarsveld kry min erkenning vir die harde werk wat hy stil-stil verrig. Hy is kliphard en het ’n hoë werkverrigting.

Marais se balverspreiding en besluitneming was veral in die eerste helfte baie goed. Hy het die besoekers ook dikwels met slim grond- en lugskoppies laat omdraai.

Dit was ’n ewe groot slag vir die Cheetahs toe hy die speelveld in die tweede helfte met ’n kniebesering verlaat het.

Tog het die beste span gewen.

Die Chiefs se bank met spelers soos Hika Elliot en Liam Messam het ook baie meer slaankrag as die tuisspan s’n gehad om die sege te beklink.

Punte

Cheetahs (27)

Drieë: Raymond Rhule, Torsten van Jaarsveld, Francois Venter. Doelskoppe: Niel Marais (3). Strafdoele: ­Marais (2).

Chiefs (41)

Drieë: Toni Pulu (2), Tawera Kerr-Barlow, James Lowe, Shaun Stevenson, Hika Elliot. Doelskoppe: Aaron Cruden (4). Strafdoel: Cruden.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.