24 April 15:24
Kaapstad Verander Area

Maandag

23°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

SuperRugby
Watter generaal gaan Kings teen Leeus lei?

Die kans is goed dat die Southern Kings die Leeus Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion met ’n nuwe kaptein sal moet pak.

Schalk Ferreira aan die woel teen die Haaie voor sy besering.Foto: Gallo Images
Die Kings se nuwe kaptein? Lionel Cronjé kan gevra word om die Oos-Kapenaars Saterdag teen die Leeus te lei.Foto: Gallo Images

Schalk Ferreira, die Kings se aanvoerder, sukkel met ’n besering aan sy regterbiseps.

Dié loskopstut is Saterdag beseer in Durban, waar die Kings met 17-19 in hul Superrugby-wedstryd teen die Haaie verloor het.

Ferreira is teen die middel van die eerste helfte van die veld en Schalk van der Merwe het hom vervang.

Daar sou Maandagmiddag laat nog toetse gedoen word om te bepaal hoe ernstig die besering is.

’n Aankondiging of hy sal kan speel of nie, kan Dinsdag verwag word.

Indien hy nie teen die Leeus kan speel nie, is die losskakel Lionel Cronjé straks die sterkste kandidaat om die Kings te lei.

Cronjé is reeds die onderkaptein van die span en is gemaklik om ’n leiersrol te vervul.

Die sterkste ander kandidate is die agtsteman Ruan Lerm en die haker Michael Willemse.

Van der Merwe is die logiese plaasvervanger vir Ferreira as loskopstut.

Hy het nog elke keer sterk geskrum wanneer hy as plaasvervanger speelkans gekry het.

Chris Heiberg, wat aan altwee kante van die skrum kan sak, kan ook oorweeg word.

Ofskoon die Kings ’n vegtersvertoning teen die Haaie gelewer het, kan daar tog nog ’n paar veranderings aan die beginspan wees.

Deon Davids, die span se hoofafrigter, sal dalk lank dink oor wie hy op heelagter moet kies.

Masixole Banda is ’n uiters talentvolle en plofbare speler.

In hierdie stadium lyk dit wel of hy soms besluiteloos is.

Hy verdien dalk nog ’n kans, maar dan moet hy sy rol deeglik verstaan.

As hy gepos sou word, is Johann Tromp en Malcolm Jaer dalk die sterkste kandidate om gekies te word.

Jaer se taktiese skopwerk boesem egter nie juis baie vertroue in nie.

Daar sal dalk ook weer oor die senter- en slotpare kopgekrap word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.