23 April 21:44
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Rugby
Gatland opgewonde oor span se taai toerskedule
Warren GatlandFoto: Getty Images

Warren Gatland, die Britse en Ierse Leeus se afrigter, deel nie die siening dat ’n taai toerskedule sy span in die komende reeks teen Nieu-Seeland kan kelder nie.

Inteendeel, hy meen dit kan tot die Leeus se voordeel wees wanneer hulle op 24 Junie hul eerste toets teen die All Blacks op Edenpark in Auckland speel.

Teen dán sou hulle al teen die Blues, Crusaders, Highlanders, Nieu-Seeland Maori’s en Chiefs gespeel het. Slegs die wedstryd waarmee die toer afskop – teen die Nieu-Seeland Provinsiale Barbarians – kan as ’n “maklike” een beskou word.

“Om te wen is geweldig belangrik vir jou gemoed, maar dis nie die belangrikste ding nie. Ek het in 2013 in Australië geleer dat als om die toetsreeks draai. Ons kon ’n sterker span gekies het vir die wedstryd teen die Brumbies die Dinsdag voor die eerste toets, maar het besluit om soveel as moontlik van die toetsspelers in watte toe te draai,” het Gatland luidens ’n berig op stuff.co.nz gesê.

Als gaan om ’n oorwinning in die reeks en om daarvolgens voor te berei.
Warren Gatland

“Ons het daardie wedstryd met 12-14 verloor, maar as ons ’n effens sterker span gekies het, was daar ’n goeie kans dat ons die eerste toets sou verloor het. Als gaan om ’n oorwinning in die reeks en om daarvolgens voor te berei.”

Die Leeus het die eerste toets teen die Wallabies met 23-21 gewen.

Gatland meen maklike toerskedules het al tot die Leeus se ondergang bygedra.

“Op die laaste twee toere was die wedstryde wat ons met 60-70 punte gewen het nie goeie voorbereiding vir die toetse nie,” sê hy.

“In 2009 het ons onsself oorskat voor die eerste toets teen Suid-Afrika. Ons het die wedstryde voor die eerste toets te maklik gewen. Daar was in 2013 ook te veel maklike wedstryde in Australië.

Ons besef vanjaar s’n gaan ’n uiters taai toer wees, maar ons gaan goed voorbereid wees.
Warren Gatland

“Ons besef vanjaar s’n gaan ’n uiters taai toer wees, maar ons gaan goed voorbereid wees vir die eerste toets danksy die taai teenstand wat dit voorafgaan.”

Hy het bygevoeg dat hy waarskynlik ’n “skadu-toetsspan” sal kies vir die wedstryd teen die Maori’s op 17 Junie. Hy sal voor dan soveel as moontlik geleenthede aan spelers gee.

Gatland sê dis bevorderlik vir spangees dat spelers geleenthede kry.

“Dis uiters belangrik dat dinge van die veld af reg is, want die Leeus is net vir ’n kort tydperk saam. Wat in 2013 gewerk het, is dat almal in die eerste paar wedstryde geleenthede in die opdrafspanne gekry het. Elke speler het gevoel daar is ’n kans dat hy gekies kan word. Ons moet dit weer so benader.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.