28 Februarie 16:56
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Rugby
Hanekom wil met Fikile vergader oor rugbybod

Die minister van toerisme, Derek Hanekom, het Vrydag sy volle steun toegesê aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se bod om die Wêreldbeker-toernooi in 2023 aan te bied.

Derek Hanekom, die minister van toerisme, het Vrydag die Springbok Experience-museum in Kaapstad besoek. Foto: Lulama Zenzile

Hanekom het die Springbok Experience-rugbymuseum in die Kaapstadse Waterfront die eerste keer besoek en gesê dít kan die perfekte plek wees om in 2023 die verhaal van Suid-Afrikaanse rugby aan die wêreld te vertel.

Suid-Afrika ding met Ierland en Frankryk mee om die reg om die rugbyskouspel aan te bied.

Suid-Afrika was laas in 1995 gasheer vir die toernooi toe die Springbokke in hul eerste Wêreldbeker-veldtog as kampioene gekroon is.

Saru moet nog die groenlig van die minister van sport, Fikile Mbalula, kry om ’n bod-dokument vir 2023 se skouspel by Wêreldrugby in te dien.

Die Bokke se 1995-triomf is een van die verhale wat in die museum vertel word en Hanekom sê dis iets waaraan die wêreld in 2023 ook weer herinner moet word.

“Dit is die eerste keer wat ek die geleentheid kry om hierdie museum te besoek en ek moet erken ek was voor my aankoms so ’n bietjie skepties,” sê Hanekom.

“Ek het gedink dit is maar net nog ’n museum wat maar net gedenkwaardighede van rugby bevat.”

Volgens Hanekom vertel die museum die verhaal van rugby se rol in die skepping van ’n demokratiese Suid-Afrika.

“Wat ons nou vanaf die toerisme-kant sal doen, is om aan die minister van sport te gaan vertel hoe belangrik hierdie bod vir toerisme in die land gaan wees,” sê Hanekom.

“Sou ons nog ’n Wêreldbeker-toernooi aanbied, beteken dit dat sowat 200 000 mense, wat nog nooit die land besoek het nie, hierheen sal kom.

“Dit gaan ’n groot bedrag geld kos om die toernooi aan te bied, maar die dividende wat dié belegging sal lewer, sal soveel groter wees. Dit sal nie net toerisme verbeter nie, maar ook die skepping van nuwe werksgeleenthede bevorder.”

Hanekom sê hy sien ook uit daarna om ’n meer getransformeerde Springbok-span in 2023 op die veld te sien draf.

“Transformasie (in rugby) is besig om pos te vat en kort dalk nog net so bietjie van ’n hupstoot. Kyk maar net na die Blitsbokke en hoe verteenwoordigend hul span is. Hulle is ’n baie talentvolle groep spelers waarop die land trots kan wees.

“Sport het nog altyd die wonderlike vermoë gehad om grense te verskuif en ons het al voorheen gesien hoe dit die samelewing kan verenig.”

Ingevolge Saru se ooreenkoms met die regering, sal Springbok-span 50%-swart-verteenwoordiging hê wanneer die span in 2019 by die Wêreldbeker-toernooi in Japan aantree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.