30 April 16:43
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Rugby
Joost se J9 straks 1ste keer teen Pumas te sien

Dit is nog nie amptelik bevestig nie, maar die skrumskakel van die SA Legendes behoort volgende week die eerste keer met die J9-nommer op sy trui op te draf.

Gavin Varejes wys die J9-trui op Joost van der Westhuizen se gedenkdiens verlede week op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die Legendes kom volgende Saterdag in Malelane, Mpumalanga, teen ’n span van oud-Puma-spelers te staan.

Volgens Terrence Chapman, ’n organiseerder betrokke by die Legendes, is die kwessie vroeër die week aangeraak, maar daar sal Maandag meer duidelikheid daaroor wees.

J9 is die stigting wat Joost van der Westhuizen begin het om bewusmaking van motorneuronsiekte (MNS) te bevorder.

Gavin Varejes, president van die Legendes, het op Van der Westhuizen se gedenkdiens op Loftus Versfeld aangekondig dat die Legendes se skrumskakel se trui voortaan ’n J9-nommer op die rug sal hê pleks van die gebruiklike nommer 9.

Varejes het gesê hulle het gedink of daar weggedoen moet word met die nommer 9-trui.

“Ek en Stefan (Terblanche, uitvoerende hoof van die SA Rugby Legendes) het daaroor gesels en besluit om iets spesiaals te doen. In wedstryde wat die Legendes van nou af speel, sal die skrumskakel ’n J9 wees. Dit is Joost se nalatenskap,” het Varejes gesê.

Dave von Hoesslin was die skrumskakel in die Legendes se vorige wedstryd teen Gloucester.

Die Suid-Afrikaners het die wedstryd op 29 Januarie in die Kingsholm-stadion met 12-10 gewen.

Volgens Chapman word die Legendes se span eers kort voor die tyd bekend gemaak. Die voormalige Bok-breier Ian MacIntosh kies die span.

Jimmy Stonehouse, ’n voormalige afrigter van die Pumas en deesdae die afrigter van die Japanse klub Brave Lupus, is gevra om ’n span van Puma-spelers van weleer saam te stel en af te rig vir dié wedstryd.

Stonehouse het bevestig dat hy 30 spelers tot sy beskikking vir die wedstryd het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.