21 Februarie 16:12
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Rugby
Josh Strauss loop Sesnasies mis

Josh Strauss, Suid-Afrika se uitvoerproduk, sal die res van die Sesnasies-reeks misloop nadat hy ’n nierbesering opgedoen het.

Josh Strauss sal die res van die Sesnasies-reeks misloop nadat hy ’n nierbesering opgedoen het. Foto: Getty

Strauss, wat sy buiging vir Skotland tydens die Wêreldbekerrugbytoernooi in 2015 gemaak het, was een van sy span se beste spelers in hul nederlaag van 22-16 teen die Franse by die Stade de France-stadion.

Volgens die Skotse Rugbyunie (SRU) sal Strauss die span se wedstryde teen Wallis, Engeland en Italië misloop.

’n Skandering is ná die wedstryd in Parys gedoen, het die unie in ’n verklaring gesê.

“Die erns van die besering is by die Spire Murrayfield-hospitaal in Skotland bevestig toe die skanderings hersien is.”

Volgens die unie sal Strauss nou terugkeer na Glasgow Warriors, sy klubspan, waar hy die herstelproses sal aanpak en gemonitor sal word.

Hy sal na verwagting tot ses weke op die kantlyn wees.

Die Skotte, wat die toernooi begin het met ’n skok-oorwinning oor die Iere, is reeds ’n terugslag toegedien met die nuus dat hul kaptein, Greig Laidlaw, ook die res van die toernooi weens ’n besering sal misloop nadat hy ’n enkelligament beskadig het.

Die Skotte pak volgende week vir Wallis op Murrayfield met al die spanne wat die naweek ’n blaaskans kry.

Wallis sal hul veldtog weer op die regte pad wil kry nadat hulle op hartverskeurende wyse teen Engeland met 21-16 vasgeval het in die tweede ronde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.