29 Maart 23:00
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Rugby
Maties wen; verdediging haper

Die Maties het wel Maandagaand oortuigend met die Ixias in Bloemfontein in hul Varsitybeker-stryd klaargespeel, maar die vertoning was nie een waarmee hul breier, Hawies Fourie, tevrede sou wees nie.

Die Maties se Mitchell Carstens duik oor die doellyn vir een van sy span se nege drieë teen die Ixias in Bloemfontein. Foto: Saspa

Die Stellenbosse span het met 73-44 gewen om steeds gelyk saam met Tuks aan die bopunt van die puntelys te bly. Hul ritse ongedwonge foute het egter baie van die glans van die oorwinning geneem.

Die driemalige kampioen was dalk net te gretig om met elke bal punte op te stapel en sy punteverskil sodoende nader aan dié van Tukkies te bring.

Sy agterlyn was wel kwiksilwer en wanneer spelers soos die buitesenter, Michal Haznar, en regtervleuel, Craig Barry, ruimte gegun is, was daar meestal perde.

Barry het vier keer gaan druk, elke keer vanuit Maties se halfgebied.

Die Ixias se verdediging was die hele reeks nog verdag en dit het hulle weer baie punte gekos, veral vanuit gebroke spel.

Die span, wat gebuk gaan onder beserings en bykans ’n hele vyftiental kan vul met al die krankes langs die kantlyn, verdien ’n pluimpie daarvoor dat hy soos verlede week teen die Pukke enduit moedig baklei het.

* Puntemakers:

Maties 73 (43): Drieë: Edwill van der Merwe (7), Craig Barry (7, 7, 7, 7), Johan Momsen (7), Jacobus van der Merwe (7), Mitchell Carstens (5), Iver Aanhuizen (5). Doelskoppe: Tiaan Swanepoel (6), Duncan Saal.

Ixias 44 (16) Drie: Henco Smit (5), Stefan Kruger (5), Ruben Heymans (5), Niel Oelofse (5), Olwethu Ndakisa (7). Doelskoppe: Ruan Wasserman (4). Strafdoele: Ruan Wasserman (3).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.