29 Mei 23:07
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Rugby
Powell klop by Roux aan om Blitse te behou

Dit gaan versigtige en slim onderhandelings tussen die afrigters van die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan en o.20-rugbyspan verg om albei spanne op koers vir wêreldtitels in 2018 te hou.

Neil Powell. Foto: Gallo Images
Chean Roux. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke, onder die afrigting van Neil Powell, is baie naby aan ’n eerste Wêreldreeks-kroon sedert die 2008-’09-seisoen.

Dit terwyl Chean Roux, Junior Springbok-afrigter, in ’n wedloop teen tyd is om sy span te finaliseer vir vanjaar se o.20-Wêreldtoernooi in Tbilisi, Georgië.

Beserings aan sleutelspelers in die Blitsbokgroep is besig om die pad na die wêreldkroon met duwweltjies te besaai.

Kyle Brown (knie), Justin Geduld en Stephan Dippenaar se beserings is van so ’n aard dat hulle nie enige rol in die jaar se oorblywende vier toernooie (Hongkong, Singapoer, Parys en Londen) sal speel nie.

Roscko Specman se dyspierbesering sal ook vier weke neem voordat hy weer sal kan begin speel en hy gaan die toernooie in Hongkong en Singapoer misloop.

Dan word daar nog op verdere nuus oor Branco du Preez se borsspierbesering gewag.

Chris Dry se geswelde knie en Cecil Afrika se dyspier wat pla, dra ook by tot Powell se kopsorge.

Die Blitse moes vroeër die jaar ook afskeid neem van twee sterspelers in Seabelo Senatla en Kwagga Smith, wat nou onderskeidelik by Superrugby saam met die Stormers en Leeus betrokke is.

Dié krisis het die 39-jarige breier met geen ander keuse gelaat nie as om met Roux, Junior Springbok-breier, te praat om te hoor of hy die dienste van Zain Davids en Stedman Gans vir Hongkong en Singapoer kan behou.

Zain Davids. Foto: Gallo Images
Stedman Gans. Foto: Gallo Images

Davids en Gans het, volgens ’n SA Rugby-verklaring, met hul terugkeer van die Blitse se deelname aan toernooie in Las Vegas en Vancouver hulle by die Junior Springbok-oefengroep aangesluit.

Dié groep moet op 26 Maart in Bloemfontein met hul voorbereiding vir drie opwarmingswedstryde teen die Griffons (31 Maart, Welkom), Griekwas (5 April, Kimberley) en Vrystaat Cheetahs (8 April, Bloemfontein) begin.

Roux en sy afrigtingspan moes reeds in hul eerste twee weke van voorbereiding in Stellenbosch sonder die teenwoordigheid van spelers wat op Superrugby-diens is, klaarkom, terwyl spelers wat in die Varsitybeker-reeks speel, net vir ’n paar dae beskikbaar was.

Curwin Bosch, Benhard Janse van Rensburg (albei Haaie), Damian Willemse (Stormers) en Madosh Tambwe (Leeus) is die manne wat tans Superrugby speel en hulle eers by die Junior Bokke se derde en laaste oefenkamp – 18 April tot 12 Mei in Stellenbosch – sal aanmeld.

Roux se span speel dan in nog twee oefenwedstryde teen ’n Varsitybeker-droomspan (25 April) en die Westelike Provinsie (9 Mei).

Die o.20-span het in 2012 laas die wêreldkroon gewen en daar is groot druk op SA Rugby se amptelike tweede span om vanjaar sukses te behaal.

Roux en sy hulpafrigter, Mzwandile Stick, het eers vandeesmaand gehoor hulle is aangestel om die Jong Bokkies na Georgië te neem, waar hulle op 31 Mei teen die o.20’s van Frankryk, 4 Junie teen die gasheerland en 8 Junie teen Argentinië te staan kom.

Intussen begin die Blitsbokke Woensdag met hul voorbereiding vir die volgende twee toernooie in die Wêreldreeks. ’n Aankondiging oor Davis en Gans se beskikbaarheid en Du Preez se besering behoort dan gedoen te word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.