27 April 18:42
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Rugby
Shimlas en Ixias lê snoeiskêr in

Die Shimlas en Ixias het behoorlik snoeiwerk gedoen vir Maandag se derbystryd in Bloemfontein.

Wilandré Kotzenberg (met bal) vervang vir Nardus Erasmus op agtsteman. Foto: Nasief Manie

Die Ixias het sewe veranderinge waarvan sommige deur beserings genoodsaak was in sy beginspan, terwyl die Shimlas met vyf veranderinge in die Varitybeker-wedstryd op die veld van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) sal uitdraf.

Die Shimlas se vuurvreter agtsteman Nardus Erasmus, wat sy skouer teen die Ikeys beseer het, word deur Wilandré Kotzenberg vervang. Erasmus behoort volgende week weer op sy pos te wees.

Verder het die afrigter, Hendro Scholtz, weer die flank Phumzile Maqondwana met die nr. sewetrui toevertrou in die plek van Musa Mhlasela wat na die plaasvervangersbank skuif. Op slot maak Ruben Schoeman plek vir Raymond Woest.

Die haker Hanno Snyman is terug in die opdrafspan nadat hy verlede week siek geword het.

Shimlas
Sechaba Matsoele, Carl-Jan Coetzee, Lihleli Xoli, Stephan Janse van Rensburg (k), Marco Mason, Nakkie Naudé, Dian Badenhorst, Wilandré Kotzenberg, Phumzile Maqondwana, Daniel Maartens, Neil Claassen, Raymond Woest, Hanno Snyman, Kwenzo Blose. PLAASVERVANGERS: Francois Steyn, Johan Kotzé, Thabiso Msiza, Ruben Schoeman, Musa Mhlasela, Arrie Pretorius, Vuyani Maqina, Niel Stannard. 

Die Junior Bokkie-stut Kwenzo Blose maak ook ’n terugkeer na die beginspan in die plek van Thabiso Msiza.

Scholtz het ná die Ikeys-kragmeting erken sy span was nie goed genoeg nie, maar dat die nat veld, wat later in ’n modderbad ontaard het, ’n groot rol in die wedstryd gespeel het.

Donderdagmiddag het Ixias se rugbyveld omtrent soos ’n swembad gelyk nadat swaar neerslae in Bloemfontein uitgesak het, en daar kan net gehoop word dat die dreinering goed genoeg is.

Hulle het Vrydag hul oefening na St. Andrews in die stad verskuif omdat die veld nog te nat was.

Ixias
Darren Adonis, Ruan Wasserman, Waldo Putter, Johan Nel, Olwethu Ndakisa, Martin Jacobs, Ruben Heymans, Stefan Kruger, Burger van Niekerk, Dean Rossouw (k), André Venter, Kian Skippers, Henco Smit, Stefan Jacobs, Jean Volkwyn. PLAASVERVANGERS: Bester Olivier, Kabous van Schalkwyk, Kyle Ess, Vincent Maruping, Dian Dry, Dean Jacobs, Denver Kleu, Branden Verster.

Twee van die Ixias se sewe veranderinge is posisioneel.

Die binnesenter Clinton Toua en die slot Rayno Nel se seisoen is verby nadat hulle harsingskudding in die wedstryd teen Wits opgedoen het.

Johan Nel vervang Toua en André Venter vervang Nel. Venter het verlede week die nr. viertrui gedra, met Kian Skippers wat dié trui nou Maandag oor die kop trek.

Op heelagter is Darren Adonis terug met Ruan Wasserman wat na regtervleuel skuif in die plek van die beseerde Tiisetso Madonsela.

Olwethu Ndakisa vervang die linkervleuel Masego Toolo, op sewe-flank kry Burger van Niekerk sy kans nadat Sylvester Makakole ook harsingskudding opgedoen het.

Die Griffons-flank Vincent Maruping is op die plaasvervangersbank gekies.

Die Ixias het albei hul eerste wedstryde verloor, terwyl die

Shimlas met twee seges uit drie wedstryde steeds die vroeër voorlopers is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.