30 Mei 11:18
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Rugby
Shimlas seëvier teen Madibaz in Bloem

Die Shimlas het Maandagaand hul laaste Varsitybeker-groepwedstryd van die reeks met 23-7 gewen, maar kon nie daarin slaag om dit met ’n bonuspunt te doen nie.

Die Shimlas se nuwe senter Kurt Eybers probeer verby ’n teenstander van die Madibaz ontglip. Foto: Mlungisi Louw

Hul halfeind-lot is dus nou in die hande van Tukkies, wat volgende week in Potchefstroom sal moet verhinder dat die Pukke hulle met ’n bonuspunt klop.

Shimlas het rustyd met 14-7 teen die Madibaz in Bloemfontein voorgeloop.

Hy het die wedstryd met 14 spelers afgesluit nadat sy plaasvervanger-haker, Francois Steyn, vyf minute voor die einde met ’n geelkaart van die veld is weens ongeoorloofde spel op die grond.

Daar was meer as een geleentheid vir die Bloemfonteiners om met ’n bonuspunt te wen en sodoende vir die halfeind te kwalifiseer. Die Madibaz se verdediging het egter gehou toe dit nodig was.

Dit was veral hul kaptein en agtsteman, Kevin Kaba, wat sy troepe met voorbeeld gelei het. Hulle het nie teruggestaan vir die Shimlas nie.

Die Vrystaters het hardlooprugby teen die Madibaz opgedis en drieë deur hul heelagter, Marco Mason, en regtervleuel, Vuyani Maqina, was die verskil tussen die spanne op die telbord.

In die tweede helfte het die Shimlas se losskakel, Nakkie Naudé, gaan druk en het dit belowend begin lyk vir die bonuspunt, maar die besoekers het goed gedoen om hulle vir die res van die wedstryd weg van hulle doellyn te hou.

Die Madibaz het slegs een drie om te wys vir ’n baie goeie vertoning nadat hulle met die aanbreek van rustyd hul enigste punte van die wedstryd aangeteken het.

Hul binnesenter, Andile Jho, het gaan druk nadat die Madibaz vir twee en ’n half minute verbete aangeval het.

* Puntemakers: 

Shimlas 23 (14): Drieë: Marco Mason (7), Vuyani Maqina (5), Nakkie Naudé (7). Doelskoppe: Mason (4).

Madibaz 7 (7): Drie: Andile Jho (7).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.