29 Maart 22:57
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Rugby
Tuks spoel oor Ikeys ná agterstand

Dit het Maandagaand ’n yslike terugvegpoging van die Tukkies geverg om teen die Ikeys seker te maak hulle bly op koers vir ’n tuishalfeindstryd in die Varsitybeker-reeks.

Andrew Beerwinkel van Tuks kry ’n teenstander van Ikeys beet in Maandagaand se Varsitybekerwedstryd in Pretoria. Tuks het met 51-23 gewen. Foto: SASPA

Lees ook:

Shimlas klop Madibaz

Maties wen teen Ixias

UJ seëvier teen Wits

Die Tuks het uiteindelik die besoekers 51-23 afgestof, maar moes eers ’n agterstand van 0-23 uitwis.

Twee geel kaarte, wat die Ikeys in die bestek van ’n paar minute in die eerste helfte op die lyf geloop het, het die skaal in Tuks se guns geswaai.

In die tyd wat die twee Ikeys – Xaba Kuyenzeka en Cuan Hablutzel – beurte gemaak het op die pienk rusbank, het André Warner en Sibahle Maxwane gaan druk.

Toko Maebane, die Tuks-senter, het in die hoekie oorgeduik vir ’n derde drie, terwyl Hablutzel sy verpligte ruskans uitgedien het.

Tuks het daarna nooit die momentum prysgegee nie.

Die Kapenaars, wat vanjaar nog net twee keer aan die wenkant was, het die tuisspan aanvanklik groot laat skrik.

Die Ikeys-haker, Cuan Hablutzel, het vroeg twee keer gaan druk en het toegesien dat sy span 14-0 voor was halfpad deur die eerste helfte.

Nyasha Tarusenga (agtsteman) het in die 28ste minuut ’n lugskop met groot vernuf bemeester en afgerond om sy span se voorsprong na 23-0 te rek.

Die Tukkies het in daardie stadium vergeefs fase ná fase in die Ikeys se kwartgebied opgestapel.

’n ou Kwaal – ’n kombinasie van swak afronding en besluitneming – het Tuks so byna gepootjie.

Toe die tuisspan eindelik op dreef kom, het die Ikeys-damwal vinnig meegegee.

Die Ikeys kon ook nie ná die omdraaislag weer punte aanteken nie.

* Punte:

Tukkies 51 (12) Drieë: André Warner (5), Sibahle Maxwane (5, 7), Toko Maebane (5), Strafdrie (5), Strafdrie (5), Tinus de Beer (7). Doelskoppe: De Beer (5), Joshua Stander.

Ikeys 23 (23) Drieë: Cuan Hablutzel (5, 5), Nyasha Tarusenga (7). Doelskoppe: Lohan Lubbe (3).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.