26 April 13:48
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Rugby
UJ seëvier ná Wits se dissipline lol
Eina! Cecil Conradie van die Universiteit van die Witwatersrand word deur twee teenstanders van die Universiteit van Johannesburg beetgekry in Maandag se Varsitybeker-wedstryd in Johannesburg. UJ het met 28-23 geseëvier. Foto: Christiaan Kotze, SASPA

Vrot dissipline en ’n gros ongedwonge foute het Wits Maandagaand van ’n derde agtereenvolgende oorwinning in die Varsitybeker-rugbyreeks beroof.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het sy buurman met 28-23 op UJ se hoofveld in Westdene verslaan en sodoende verseker hy is in vanjaar se uitspeelrondes.

UJ moes sy doellyn in die doodsnikke verwoed verdedig om sy vyfde agtereenvolgende wedstryd in vanjaar se reeks te wen.

Dié wedstryd het, soos die telling weerspieël, baie gelykop verloop, maar drie geelkaarte wat die besoekers in die tweede helfte gekry het, het die skaal in UJ se guns geswaai.

Wits kan trots wees met die wyse waarop hulle strykdeur verdedig het.

Die tuisspan het die wedstryd stewig begin en drieë deur sy agtsteman, Jo-Hanko de Villiers, en die binnesenter, Divan Nel, het hom vroeg die voortou laat neem.

Die besoekers het teruggeslaan met drieë deur die stut CJ Conradie en skrumskakel, Ruan Cloete.

Albei spanne het hul ambisie om die bal die praatwerk te laat doen, duidelik laat blyk in die eerste helfte. Met die aanbreek van die omdraaislag, was sake nog baie gelykop, soos die rustydtelling van 18-elk weerspieël.

Dit was in die tweede helfte dat Wits beheer oor dié stryd verloor het.

Eers het die vleuel Luxolo Ntsepe geel gesien en ’n kort rukkie ná hom is Greeff na die afkoelstoel gejaag.

UJ het dus ’n hele ruk lank teen ’n span met net 13 spelers gespeel, maar hy kon steeds nie bresse slaan nie en ’n strafdoel deur die losskakel, Divan Nel, was die enigste punte wat die tuisspan in dié tyd kon aanteken.

UJ het die bal te lank onder die voorspelers gehou terwyl hy twee ekstra spelers op die veld gehad het en dít het hom drieë gekos.

Toe Cloete laat in die tweede helfte met ’n geelkaart afgestuur is, het die damwal gebreek en UJ se slot Adrian Bester het die telling na 28-18 gerek. ’n Drie deur Wits se Graham Logan het vir ’n opwindende einde gesorg, maar UJ het uitgehou vir die oorwinning.

Die besoekers se stut Luvuyo Pupuma het die bal sterk gedra, terwyl UJ se haker en kaptein, Jannes Snyman, weer benadruk het dat hy ’n besielende leier is.

UJ sal vinnig moet leer om druk in punte te omskep, anders gaan hy swaar leef in die uitspeelstryde.

* Puntemakers:

UJ 28 (18): Drieë: Jo-Hanko de Villiers (5 punte), Jaco Fourie (5), Adrian Bester (5). Doelskoppe: Divan Nel (4 punte). Strafdoele: Nel (9 punte).

Wits 23 (18): Drieë: CJ Conradie (5), Ruan Cloete (5), Graham Logan (5). Doelskop: Warren Gilbert (2 punte). Strafdoele: Gilbert (6 punte).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.