25 Maart 21:40
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Rugby
‘Versekering’ kan Cornal-terugkeer vertraag

Daar sal eers aanstaande week ’n besluit geneem word oor die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks se rugbyloopbaan.

Cornal HendricksFoto: Getty Images

Volgens inligting het Hendricks, wat aan die begin van verlede seisoen met ’n hartkwaal gediagnoseer is, “goed gevaar” in die mediese en fiksheidstoetse wat die Blou Bulle Maatskappy (BBM) as ’n vereiste gestel het.

Hendricks, wat voorheen vir die Cheetahs Superrugby gespeel het, het die afgelope week uit die bloute by die Blou Bulle aangesluit in die hoop om sy loopbaan te hervat.

Dr. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, sê daar is ’n omvattende proses wat deurgetrap moet word, aangesien Hendricks verlede jaar op mediese advies besluit het om op te hou rugby speel.

Hy het verlede jaar in die voorseisoen saam met die Stormers vir die Superrugby-reeks voorberei toe ’n hart-afwyking by hom vasgestel is.

Daar word verneem daar is ’n legio versekeringskwessies wat uitgesorteer moet word, alvorens hy weer beroepsrugby kan speel.

Hendricks is in Desember verlede jaar vol hoop Frankryk toe, maar die klub Toulon het besluit om hom nie te kontrakteer nie, ondanks die feit dat hy sy mediese ondersoek geslaag het.

Toulon het aangedui die 28-jarige Hendricks se welstand is voorop gestel toe dié besluit geneem is.

Hendricks, wat Vrydagoggend langs die kantlyn gesit het toe die Bulle op Loftus se B-veld gesweet het, sê hy is vuur en vlam om weer te speel.

Nollis Marais, die Bulle-breier, beskryf Hendricks as ’n wedstrydwenner en sê daar sal goeie wedywering tussen hom, Jamba Ulengo en Travis Ismaiel wees, sou hy beskikbaar wees.

* Daar is intussen in die Bulle-kamp besluit dat daar nie aanstaande week in die Superrugby-openingsronde met die Springbok-senter Jan Serfontein gewaag sal word teen die Stormers nie.

Serfontein het die afgelope ruk met ’n rugbesering gesukkel.

Rossouw sê Serfontein sou waarskynlik teen die Stormers kon speel, maar hy het lanklaas gespeel en dit sal te veel van ’n waagstuk wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.