22 Augustus 20:27
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Rugby
Verswakte Wallis klop Tonga op ’n drafstap

Sam Davies, Wallis se losskakel, het Vrydagoggend vier strafskoppe oorgeklits wat deurslaggewend in sy span se oorwinning van 24-6 oor Tonga was.

Sam Davies se skopstewel was deurslaggewend in die sege oor Tonga. Foto: Getty Images

Dié wedstryd is in Auckland gespeel.

Die Walliese vleuel Alex Cuthbert, met sy drie in die eerste helfte, en ’n strafdrie in die laaste minuut was verantwoordelik vir die wenspan se ander punte.

Tane Takulua, Tonga se skrumskakel, het twee strafdoele vir sy span aangeteken.

Die toets sou eers in Nuku’alofa, die hoofstad van Tonga, gespeel geword het, maar is na Auckland verskuif omdat daar kommer oor die toestand van die veld was. Dit het as ’n voorwedstryd vir die toets tussen Nieu-Seeland en Samoa gedien.

Tonga het al ses keer vantevore teen Wallis gespeel, maar kon hom nog nooit klop nie.

Dié toets was ’n gulde geleentheid om dié sake reg te stel, aangesien 12 van Wallis se voorste spelers tans op toer is saam met die Britse en Ierse Leeus.

Wallis was egter van meet af aan in beheer, en die televisie-skeidsregter het Cuthbert twee keer van ’n drie ontneem, voor sy derde probeerslag vir die aand suksesvol was.

Hy het sy eie lugskop opgevolg en oorgeduik vir die eerste drie van die toets.

Wallis kon nog verder gewen het as Davies nie die regoppaal met twee van sy stelskoppe getref het nie.

Wallis se strafdrie is in die laaste minuut van die wedstryd toegeken toe Tonga se voorspelers ’n dryfmaalbeweging op onwettige wyse gestuit het.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.