25 April 18:20
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Sokker
#MessiMoetVal: Standbeeld gevandaliseer
Lionel Messi se standbeeld voor en ná die vandale toegeslaan het.Foto: Reuters

In Argentinië is dit nie Rhodes of tersiêre onderiggeld wat moet “val” nie, maar wel een van dié Suid-Amerikaanse land se bekendste burgers.

’n Standbeeld van die sokkerster Lionel Messi is in Buenos Aires, Argentinië se hoofstad, in die helfte gebreek en die speler se bolyf, arms en kop is verwyder.

Dié standbeeld, op die Paseo de la Gloria-loopweg wat oor die River Plate uitkyk, is middeldeur gesaag met net die onderlyf en sokkerbal wat oorgebly het.

Die stadsowerhede het gesê hulle weet nie wie verantwoordelik is of wat die motief vir dié vandalisme was nie.

“Dit (die standbeeld) was ’n slagoffer van vandalisme,” het die stad se kultuur-sekretariaat gesê. “Die stad is reeds besig om die standbeeld te herstel.”

Die standbeeld is in Junie verlede jaar, kort ná Argentinië in die eindstryd van die Copa America Centenario teen Chili verloor het, onthul.

Dié Barcelona-held, wat in September verlede jaar weer tot internasionale diens teruggekeer het, is uiters geliefd in sy moederland.

Daar is egter ook diegene wat sy spel vir Argentinië, wat drie groot eindstryde in twee jaar (insluitend die Wêreldbeker-toernooi in 2014) verloor het, kritiseer.

Die wandellaan het ook standbeelde van ander Argentynse sporthelde soos die renjaer Juan Manuel Fangio, die basketbalspeler Manu Ginobili, gholfspeler Roberto de Vicenzo, asook die tennisspelers Guillermo Villas en Gabriela Sabatini.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.