27 Maart 00:46
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Tennis
Merkwaardige Federer marsjeer voort

Roger Federer het Sondag sy vyfde ATP-meesterstitel by Indian Wells beklink deur sy Switserse landgenoot, Stan Wawrinka, met 6-4, 7-5 te klop.

Roger Federer vier Sondag sy vyfde ATP-meesterstitel by Indian Wells. Foto: AP

Federer se opgang in 2017 is merkwaardig. Hy het verlede jaar ses maande op die kantlyn deurgebring weens ’n knieoperasie, met menige kenner wat voorspel het dat sy beste speeldae verby is.

Die tennismaestro het egter ander planne en het in Januarie teruggekeer om sy 18de Grand Slam-titel in die Australiese Ope te verower.

Met sy oorwinning Sondag het Federer hom by Novak Djokovic aangesluit as die enigste mansspeler om vyf titels by Indian Wells te wen. Hy het in 2004, 2005, 2006 en 2012 ook daar geseëvier.

Federer (35) is boonop die oudste speler om een van die ATP se elite-meesterstitels te wen, met Andre Agassi wat 34 was toe hy in 2004 in Cincinnati geseëvier het.

“Dit was weer ’n sprokiesweek,” het Federer, wat die toernooi verlede jaar weens ’n besering misgeloop het, gesê.

“Ek is nie so verras soos ek in Australië was nie, maar dit is steeds ’n baie groot verassing. Om hier te wen, die spelers te klop wat ek het en die wyse waarop ek hulle geklop het.

“Ek is oorstelp, ek kon nie vir ’n beter begin van die jaar gevra het nie.

“Ek het verlede jaar nie ’n enkele titel gewen nie. Eintlik dink ek die enigste eindstryd wat ek gehaal het, was in Brisbane. Die verandering is dramaties en dit voel wonderlik.”

Die spoed waarteen Federer – tans tiende op die wêreldranglys – in 2017 vorder, sal hom noop om sy doelwitte te herevalueer.

Voor die begin van die Australiese Ope was sy doelwit om die agtste plek op die ranglys in te neem teen die einde van Wimbledon.

Elena Vesnina het Sondag met haar landgenoot Svetlana Kuznetsova afgereken. Foto: USA TODAY

“Ek sal duidelik my doelwitte moet aanpas nadat ek die jaar so goed begin het,” het Federer gesê.

* Elena Vesnina van Rusland het Sondag haar landgenoot, Svetlana Kuznetsova, in ’n epiese eindstryd by Indian Wells met 6-7 (6/8), 7-5, 6-4 getroef.

Vesnina, 15de op die wêreldranglys, het meer as drie uur nodig gehad om die tweemalige Grand Slam-kampioen te klop.

Vesnina (30) is in 2016 in die kwalifiseringsronde by Indian Wells uitgeboender, maar het vanjaar op pad na die titel met Angelique Kerber en Venus Williams afgereken.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.