30 April 18:34
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Tennis
‘Moenie Sharapova vir Franse Ope kies’

Maria Sharapova moet nie in die binnebaan geplaas word om aanstaande maand by die Franse Ope na die tennisbaan terug te keer nie, meen Agnieszka Radwanska.

Agnieszka Radwanska meen Maria Sharapova moet nie ’n promotorskeuse in die Franse Ope wees nie.Foto: Getty Images

Sharapova, wat ’n skorsing vir die gebruik van verbode middels uitdien, het tans nie ’n plek op die amptelike wêreldranglys nie, en die soeklig is nou op die Franse Tennisfederasie wat moet besluit of sy ’n promotorskeuse vir Roland Garros sal wees.

Radwanska is van mening dat Sharapova nie na Grand Slams genooi moet word nie.

“Sy moet haar plek met goeie resultate verdien.”

Andy Murray, die wêreld se voorste mansspeler, het ook sy afkeur met Sharapova se moontlike terugkeer te kenne gegee.

“Ek steek nie my standpunt weg nie. Ek dink dieselfde as Andy Murray,” het Radwanska, wat Sharapova nog net twee keer in 15 wedstryde kon klop, gesê.

“Hierdie tipe toegang moet net gegee word aan spelers wat ranglyspunte weens beserings, siektes of ander ongelukke verloor het.

“Nie vir spelers wat weens opkikkers geskors is nie. Maria moet haar loopbaan op ’n ander manier, dalk met kleiner toernooie, herbou,” het Radwanska gesê.

“As dit van my afgehang het, sou sy nie ’n kans gehad het nie.”

’n Besluit word op 15 Mei verwag.  - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.