23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Aktueel
Demokrasie 101 vir Zuma en kie

Wydlopende wanbegrip van die werking van die Suid-Afrikaanse regstaat is vandeesweek nogmaals uit ANC-banke ten toon gestel.

In die aanloop tot en in die wantrouedebat het die opvatting dat ’n mosie van wantroue in die president in wese ondemokraties is in verskillende gedaantes opgeduik.

Dis loutere bog. So laat Dawie vandeesweek ’n paar van hierdie redenasies onder hande neem:

  • “As ’n wantrouemosie in die president deurgevoer is, sou dit die wil van die kiesers soos by die stembus uitgedruk, verontagsaam.”

Hierdie foutiewe redenasie berus op die opvatting dat die kiesers pres. Jacob Zuma regstreeks as president van Suid-Afrika verkies het.

Anders as in die Amerikaanse stelsel, word die president deur die lede van die Nasionale Vergadering genomineer en verkies. As sodanig kan die president van sy amp onthef word as hy nie meer die vertroue van die meerderheid lede van die Nasionale Vergadering geniet nie.

In die Amerikaanse stelsel werk dit weliswaar nie so nie, want die Kongres kan die president nie “uitstem” nie. Daar kan egter wel by wyse van ’n ampsklag van die Amerikaanse president ontslae geraak word.

Dat baie ANC-LP’s onder die wanindruk verkeer dat ’n mosie van wantroue ’n miskenning van die wil van die kiesers is, is natuurlik nie verrassend nie.

Ons weet immers dat daar in die ANC se parlementêre koukus nou al dekades lank ’n grondliggende wanbegrip van die skeiding van magte is.

Die beginsel dat dit elke LP se taak is om die uitvoerende gesag verantwoordbaar te hou, geniet nie veel aanhang nie. Daarom word die oorsig- en moniteringsfunksie van die parlement nie naastenby na behore vervul nie.

  • “ ’n Geslaagde wantrouemosie in die president sou neerkom op onderduimse regimeverandering.”

Nog ’n foutiewe redenasie, wat met die voorafgaande verband hou. Die feit is egter dat daar geen sprake van ’n regimeverandering kan wees nie, omdat die ANC steeds genoeg setels het om aan die bewind te bly.

Sou Zuma onthef word, sal die party tog sekerlik ’n ander president uit eie geledere instem, wat dan ook ’n nuwe kabinet sou saamstel, vermoedelik steeds gelei deur die ANC.

  • “ ’n Geslaagde wantrouemosie is ’n staatsgreep.”

Die bespotliker nefie van die voorafgaande redenasie.

Enigiemand wat dié redenasie aanvoer, het nie ’n benul wat ’n staatsgreep is nie. Laasgenoemde is magsoorname deur ongrondwetlike middele. ’n Mosie van wantroue is inderdaad ’n grondwetlike meganisme, waarvoor artikel 102 (2) van die Grondwet voorsiening maak. Wat veral onrusbarend is van hierdie redenasie, is die insinuasie dat elke ANC-LP wat ten gunste van die wantrouemosie stem, aan hoogverraad skuldig is .

  • “ANC-LP’s se eerste verantwoordelikheid is teenoor hul party.”

ANC-LP’s wat dié redenasie aanvoer of daardeur oortuig is, was slaapwandelaars met die aflê van die ampseed waarin hulle in die eerste plek trou sweer aan die land en aan die Grondwet – nié aan Luthuli-huis nie.

  • “ ’n ANC-stem vir die wantrouemosie is ’n ondermyning van partydissipline

.”Partydissipline is nie as ’n doel op sigself nie, maar ’n middel om doeltreffende en legitieme politieke leierskap ten uitvoer te bring. In die volkome afwesigheid van dié soort leierskap by Zuma behoort die ANC-leierskorps homself dan te vra ten behoewe waarvan die eis van gedissiplineerde optrede nou eintlik staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.