25 April 18:22
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Aktueel
Lood se praatjies
Die ‘groot plan’ vir 8 Januarie werk toe

Die ‘groot plan’ vir 8 Januarie werk toe

Terwyl opposisiepartye en ander ontleders dit eens is die ANC se 8 Januarie-verklaring was maar so-so, meen Lood hulle het die storie agter die storie misgekyk. Vir die ANC het dit net oor een ding gegaan en dit was om pres. Jacob Zuma vir ’n slag voor ’n standhoudende vol stadion te kry. Ná verskeie oepsies die afgelope jaar of twee wat gewissel het van ’n halfvol stadion op een plek, ’n uitjouery by ’n ander plek en ’n uitlopery by nog ’n plek het die interne spanning hoog geloop. Die aanryery van duisende met busse het ook nie noodwendig die vooraf slapeloosheid laat wyk nie, want in Port Elizabeth het die aangerydes eenvoudig see toe geloop. Die plan met langer drankverkoopsure het ook skipbreuk gely. Maar die meesterplan wat uiteindelik die deurslag gegee het, was die ene met die titel “Die Kleiner Stadion”. En boonop spaar die ANC geld, want dit is baie goedkoper as ’n groot stadion. Vat vyf, kamerade.

Cyril Ramaphosa
Motlanthe moet kom red

Maak gereed vir die Nkosazana vs. Cyril-vertoning, wat nou skynbaar vir ’n jaar lank ons voorland gaan wees. Al ontken en keer die ANC, het die wegspringskote geklap en die opvolgstryd het begin. Nkosazana Dlamini-Zuma en Cyril Ramaphosa is in die wedloop. (En in haar eie verbeelding, speaker Baleka Mbete ook.) Wat daarvan om eerder vir Kgalema Motlanthe terug te bring vir stabiliteit en vertroue?

Nkosazana Dlamini-Zuma
Persone van die week

RAAKVATTER: Eerw. Frank Chikane en die hele taakgroep van ANC-veterane. Gee die veterane krediet: hulle laat los nie. Hul kruistog om die ANC van pres. Jacob Zuma te probeer red, stoom voort.

NAT VADOEK: Die Springbok Johan Goosen. Liewe land, los hy sy Franse klub, los hy rugby, kla sy vrou oor die weer, gaan hy boer, wil hy Cheetahs toe of wat? Hou dop, hy gaan die media die skuld gee.

‘Skoon’ Frank vir prez? 

Die ANC-vroueliga steun Nkosazana Dlamini-Zuma vir president, Cosatu voer veldtog vir Cyril Ramaphosa en Baleka Mbete bevorder haarself. En hier bo probeer Lood vir Kgalema Motlanthe inskryf. Nou sit Thys van Middelburg ook ’n naam op die tafel – eerw. Frank Chikane, want “sy hande is skoon en ook sy voete,” danksy oudminister Adriaan Vlok se gewas. Thys, eintlik moet ons jou op die vingers tik oor dié ene, maar kom ons stuur maar vir jou ’n speletjiesboek.

Welkom terug en sterkte vir 2017. Stuur bydraes na lood@beeld.com en wen ’n Beeld Speletjiesboek. Ons laaste wenner in 2016 was toe Nico van Rooyen en beslis nie Pretorius nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.