23 Junie 19:27
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Aktueel
Die kernbom onder Trump se presidentskap

Bewerings oor die aangewese pres. Donald Trump en Rusland het in Amerika en Europa soos ’n bom ingeslaan, skryf Leopold Scholtz.

Die aangewese pres. Donald Trump. Foto: AP Photo / Evan Vucci

As die bewerings waar sou wees, is dit nie bloot politieke dinamiet nie. Dis ’n politieke kernbom onder Donald Trump se presidentskap nog voordat hy ingehuldig is.

As dit waar is. Die hele wêreld gons oor die implikasies, wat kan inhou dat Trump selfs van medewerking aan spioenasie en hoogverraad aangekla word.

Maar ’n mens kan dit nie genoeg beklemtoon nie: In dié stadium gaan dit oor onbevestigde bewerings. Nie oor bewese feite nie.

Wat word presies beweer in die nuus wat CNN Dinsdagaand die wêreld ingeslinger het?

In 2016 het die verkiesingspanne van ongenoemde Republikeinse teenstanders van Trump ’n private ondersoeker gehuur om negatiewe materiaal te soek wat die miljardêr kon benadeel. Nadat Trump die Republikeinse kandidatuur gewen het, het die Demokrate die ondersoek laat voortsit.

Die een bewering is dat Trump in ’n Moskouse hotel seks met prostitute gehad het.

Dit is glo gelei deur ’n gewese agent van die Britse MI6, die land se buitelandse spioenasiediens. Na bewering het hy in Rusland op gevoelige materiaal oor Trump afgekom, wat – luidens sy (beweerde) memorandums – op twee hoofpunte neerkom:

* Die een is dat Trump in ’n Moskouse hotel seks met prostitute gehad het. Dis glo deur versteekte kameras van die Russiese geheime diens, die FSB, afgeneem. (Wat hom natuurlik kwesbaar vir afpersing sou maak.)

* Die ander is dat mense in die Trump-span regdeur die verkiesing kontak met die Russiese regering gehad het. Die Russe het e-posse van Demokrate (die partyleierskap het gekierang om sen. Bernie Sanders uit te hou) aan Wikileaks gegee.

In ruil het Trump-hulle gesorg dat die Republikeine hul partybeleid só skryf dat dit nie ’n veroordeling insluit van Rusland se anneksasie van die Krim en sy militêre inmenging in die Oekraïne nie.

Ook het Trump-hulle onderneem om Navo-verpligtinge teenoor Oos-Europese en Baltiese state te bevraagteken om die aandag van Rusland en die Oekraïne af te trek.

Plofbare materiaal

Die gewese MI6-agent was so bekommerd oor wat hy blykbaar gevind het dat hy ’n kennis in die FBI daaroor ingelig het. Dié het na sen. John McCain, ’n Republikein, maar nie ’n aanhanger van Trump nie, gestap en hom op die hoogte gebring. McCain het op sy beurt die bal na die FBI aangegee, wat besluit het om die bewerings te ondersoek.

In Augustus verlede jaar het die Demokratiese sen. Harry Reid na aanleiding hiervan ’n verwoede memorandum aan die FBI-hoof, James Comey, gestuur waarin hy hom daarvan beskuldig het dat hy op “plofbare materiaal” oor Trump sit en broei, maar dit nie bekend maak nie.

Comey kón egter nie onbewese bewerings in verkiesingstyd na buite slinger nie.

Nietemin, die FBI-ondersoek het luidens CNN se onbevestigde berigte wel bevind dat die gewese Britse agent in die verlede as ’n betroubare bron beskou is. Ook sý bronne is deur die FBI as op sigself betroubaar bevind.

Wat die FBI nié bevind het nie, is dat die bewerings waar is. (Trump self en woordvoerders van sy kamp het dit, soos verwag kon word, in skerp taal ontken.)

Comey het ewenwel sy eweknieë by die twee ander Amerikaanse inligtingsdienste, die CIA se John Brennan en die NSA se adm. Mike Rogers, ingelig. Hulle het besluit om ’n opsomming (twee bladsye) oor die bewerings saam te stel en dit as bylae by hul verslag te voeg oor Russiese pogings om die Amerikaanse verkiesing te beïnvloed.

Is dit waar?

Die verslag is verlede Donderdag aan pres. Barack Obama en Vrydag aan Trump self oorhandig. Presies wat hulle aan Obama en Trump gesê het, is nie bekend nie.

Ook die agt mees senior lede van die kongres – die leiers van die Republikeine en Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, en die voorsitters van vier komitees wat met nasionale veiligheid te make het – is ingelig.

In dié stadium kan niemand ’n kategoriese gevolgtrekking maak nie.

Dis op grond daarvan dat Reid, toe die Demokratiese leier in die Senaat, aan Comey geskryf het.

Die gerugte doen ook al lank die ronde in die Washingtonse media, maar weens die plofbaarheid daarvan het niemand die voortou met publikasie durf neem nie. Die feit dat die veiligheidsdienste verlede week ’n opsomming van die bewerings aan Obama en Trump gegee het, was egter op sigself nuus, en dus het CNN besluit om rugbaarheid aan die saak te gee. Die res van die media het agterna getou.

Die groot vraag is natuurlik: Is die bewerings waar? Of is dit uit iemand se duim gesuig?

In dié stadium kan niemand ’n kategoriese gevolgtrekking maak nie. Dit kan heeltemal waar wees, ’n totale leuen, of êrens tussenin.

’n Skadu

Dit wys in elk geval dat die Amerikaanse geheime dienste ná die openbare minagting wat Trump die laaste weke oor hul koppe uitgestort het, die mes met oorgawe in die miljardêr se rug steek.

Wat wel waar is, is dat Trump – voorlopig altans – in groot verleentheid gestel is. Sy losbandige seksuele lewe is nou in die ope.

Maar die egte brisante bewerings gaan oor die kontak wat sy span glo met die Russe gehad het.

As Trump die bewerings geloofwaardig kan weerlê, kan die saak gou gaan lê. Indien nie, kan dit ’n groot skaduwee oor sy inhuldiging aanstaande week en die res van sy termyn werp.

* Leopold Scholtz is ’n onafhanklike politieke ontleder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.