28 Februarie 16:51
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Aktueel
Só help wiskunde niks

Ek hoop dr. Johann de Jager se artikel met die opskrif “Somme nie vir almal – los dit!” Saterdag in Beeld stuur skokgolwe deur die onderwysgemeenskap.

Wiskunde word as ’n ideale vak beskou om kinders die geleentheid te gee om konsepte te ontdek, patrone raak te sien en planne uit te werk om soortgelyke somme te kan doen.

Hoekom ideaal? Omdat wiskunde vereis dat kinders daar en dan (voor die hele klas, soos De Jager dit beskryf) hul modus van denke demonstreer.

In De Jager en sy skoolmaat se geval is verwag hulle moet kan “bewys” hulle kan logies dink, hulle moes kritiese vrae vra en kreatiewe aha’s beleef en onder meer tussen x’e en y’s die groter prentjie sien.

Dit is nog niks. Daar is van hulle verwag om voor die hele klas ’n vergelyking met ’n gelykaanteken om te sit in ’n hiperbool. Omdat alles so openlik geskied, is dit ook die ideale vak om kinders mee af te kraak en as morone te klassifiseer.

Die briewe

Harry Haasbroek, Centurion

Voor my is ’n eenvoudige hout­tafeltjie. Die tafeltjie is in ’n meubelwinkel gekoop en dit was die laaste tog op die tafeltjie se reis.

Met die hulp van “irrelevante gemors”, soos Jan Stander van Waterkloof dit in sy brief (09/01) noem, is die boom waarvan die tafeltjie gemaak is, gefel met ’n brandstofaangedrewe saagmasjien.

Die grondstof van die saag se lem kom uit ’n ysterertsmyn, wat ontwerp en ontwikkel is met wiskundige, chemiese en finansiële “gemors”.

Die brandstof wat die masjien aandryf, kom uit ’n olieput in die Midde-Ooste.

Die olie is vervoer in ’n massiewe tenkskip wat met “irrelevante gemors” ontwerp en ontwikkel is.

Die brandstof waarmee die masjien werk, kom uit ’n aanleg met ingewikkelde chemiese, wiskundige en finansiële prosesse ­(“gemors”).

Daarna is vragmotors, brûe, lym, vernis, ­ensovoorts, nog ter sprake op die tafel se reis. Dit het alles iets met wiskunde te make.

Ek weet nie hoe Jan kan sê wiskunde is irrelevante gemors nie. Sekerlik sal niks van bogenoemde moontlik kon gewees met net M-grade in die reg nie en sou ons nou nog in grotte gewoon het.

Pierre Eksteen, Krugersdorp

Dr. Johann de Jager het met sy skrywe oor somme in Saterdag se Beeld ná baie jare opnuut ou wonde oopgekrap.

Ek was een van die ongelukkiges wat geen aanleg gehad het om wiskunde (matesis) te kon begryp nie.

Wanneer ons in die matesisklas ingestap het, het die onnie my natuurlik gevra of ek huiswerk gedoen het.

My antwoord was gewoonlik: “Nee, meneer.” Hoekom nie? “Ek verstaan dit nie, meneer.” Sy antwoord was dan: “Slagveld toe, kêrel!”

Dan het die bordpasser, waarmee hy ons geslaan het, sy werk gedoen.

Die blou letsels wat deur daardie houe gelaat is, het net in die lang wintervakansie en dan weer Desembermaand genees.

(Die tiendae-vakansie was te kort om van die blou hale ontslae te raak).

Die gevolg was dat ek en etlike van my skoolmaats ons heil gaan vind het in ’n ambagskool in ons buurdorp waar ons “soos mense” behandel is.

Ná twee jaar, toe ek oud genoeg was om die skool te kon verlaat, was ek gelukkig om werk in die staatsdiens te kry teen ’n salaris van R300 (£150) per jaar.

Daarna het ek die sakewêreld be-tree en ’n groot sukses daarvan gemaak.

Ou Wylie het toe maar nog steeds voor sy klas gestaan met sy bordpasser in sy hand waarmee hy ons so geslaan het.

Natuurlik is dit ook die ideale vak om leerlinge, ook dié wat nie goed doen nie, se selfbeeld te bou, maar dit is ’n ander tema.

Wanneer die stelsel jou klassifiseer as dom, is jy dom, en klaar. Dis is doodgewoon nie waar nie. ’n Mens kan op ander plekke en op ander maniere ook leer dink.

Is dit nie tyd dat beleidmakers besef alle vakgebiede leen hulle tot die ontwikkeling van denke nie?

Hoe kan kinders leer om ’n voorgeskrewe boek te ontleed as hulle nie ook patrone kan raaksien en planne tot in die fynste besonderhede kan uitwerk om teks te ontleed nie?

Geld dieselfde nie kommunikasie in De Jager se geval en sosiologiese navorsing soos in sy seun se geval nie? Sy vrou sien ander patrone raak.

Waar kom die idee vandaan dat denke wat uit wiskunde voortvloei, superieur is en dat denke wat nie uit wiskunde voortvloei nie, minderwaardig is?

Op ’n didaktiese noot: Die hartseer is dat die meeste onderwysers wiskunde soos ’n leervak hanteer – en dan help wiskunde buitendien niks nie.

Met die verduidelik-en-memoriseer-metode is die kanse uiters skraal dat ’n kind self ’n patroon sal ontdek, wat nog van planne maak vir ander somme.

Wat doen die kinders en hul ­ouers dus? Kinders maak al hoe meer somme en raak al hoe deurmekaarder met metodes, en dié wat dit kan bekostig, gaan na ekstra klasse vir nog verduidelikings. Dit kos die land ’n fortuin, om nie eens te praat van die skade aan kinders se selfbeeld nie.

Wat hartseerder is, is dat die stelsel “leer” in alle gevalle definieer as “memoriseer” en nie as “dink” nie.

Lees maar die berigte oor uitskietpresteerders: Hul resep is meestal gegrond op ure van leer. ’n Mens kan vra: Hoe slim is iemand wat ander mense se antwoorde uit hul kop leer en dit korrek op ’n antwoordblad neerskryf?

Watter salaris is ’n werk­gewer bereid om vir memoriseringsvaardighede te betaal?

In dieselfde asem gee ek erkenning aan elke leerling wat deur ure van swoeg en sweet tot eie insig kom. Dit is presies wat ’n onderwysstelsel se doel behoort te wees.

Dit kos die land ’n fortuin, om nie eens te praat van die skade aan kinders se selfbeeld nie.

Om dit duideliker te stel: Niemand kan kennis aan iemand anders oordra nie. Kennis word self verwerf. (Dankie, Sokrates, vir dié een.)

Is dit nie tyd dat diegene wat besluite neem, agterkom dat wiskunde nie alles is nie?

Is dit nie tyd dat beleidmakers agterkom dat kinders oor ’n oneindige hoeveelheid denkwyses beskik en dat elke kind denkwyses op ’n unieke wyse inspan om dieselfde doel as ander kinders te bereik nie?

Is dit nie tyd dat hulle besef dieselfde doel kan met ander vakke bereik word as dit wat hulle wens wiskunde moet doen nie?

Bygesê, die ander vakke moet dan nie op die verduidelik-en-memoriseer-metode aangebied word nie.

Wat leer betref, is die mensdom lankal verby die era van passiewe leer. De Jager en baie ander is ­tipiese bewyse daarvan.

Ons is in ’n konseptuele era waar kennis nie meer mag is nie. Daar is ’n behoefte aan probleemoplossers, nie aan passiewe leerders nie.

Bogenoemde het De Jager, wat as moroon geëtiketteer is, lankal raakgesien.

Dr. Cas Olivier is ’n opvoedkundige en voormalige onder­wyser van Hart­beespoort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.