26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Barnard Beukman
‘Coolste nerd in Afrikaans’
Japie Gouws

Dit is Japie Gouws, die pas afgetrede uitvoerende hoof van die ATKV, wat Izelle Venter, kanaalhoof van Via, die “coolste nerd in Afrikaans” gedoop het.

Dié stillerige, stemmige geoktrooieerde rekenmeester is die afgelope maand of twee behoorlik – waarskynlik tot sy eie ongemak – deur ’n seisoen van afskeid in ­vele oorde.

In sy laaste week van diens moes hy nog die voortou neem op die organisasie se algemene jaarvergadering in Buffelspoort buite Rustenburg.

Daar het hy in sy laaste jaarverslag weer sy persoonlike, maar ook sy organisasie se, visie beklemtoon dat “die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel is van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika”.

Donderdag het hy vir die laaste keer by die ATKV-hoofkantoor se hekke uitgery en by Beeld in Media Park kom aandoen. Dit was vir ’n onderhoud oor verskeie kwessies wat op Saterdag 3 Junie in Beeld verskyn.

Sonder om die onderhoud vooruit te loop: Wat onder meer opgekom het, was sy stelling in 2015 dat Afrikaanssprekendes nie moet laer trek nie, maar die wa deur die drif moet trek.

“Selfs in moeilike omstandighede help dit nie ons verf onsself in ’n hoekie vas nie. Ons moet vorentoe,” sê hy.

Hy glo ook vas dat die ATKV ’n beduidende impak maak met sy omvattende nasionale projekte en die projekte van sy meer as 300 takke landwyd.

Selfs in moeilike omstandighede help dit nie ons verf onsself in ’n hoekie vas nie.

Terug by Buffelspoort, waar ek op die eerste dag gaan inloer het, staan ’n mens weer vinnig reggehelp oor die moontlike persepsie dat dit ’n wit organisasie vir ou mense is wat oorde bestuur en debatskompetisies reël.

Die oorde is wel daar en nog twee word beplan. Dit het die afgelope boekjaar inderdaad R258,7 miljoen ingebring. En die 51ste redenaarskompetisie is ook aangebied.

Maar die aanvullende lys is te lank om hier te noem: Lapa Uitgewers, lees- en skryfwerkwinkels, die bemagtiging van onderwysers, die Afrikaanse Olimpiade, die nasionale leesprojek, kinderboektoekennings, die Media- en Woordveertjies, ’n spelkompetisie, leeskringe, die meertaligheidsprojek, die #MyTaal-veldtog, die Vriende vir Afri-kaans, die kampus-ser, die tiener-toneel, ATKV-Applous vir kore, die ATKV-Animato, ook vir kore, die handevat-ontwikkelingsprojek in skole, die jeugberaad, die ATKV-postmatriekprogram, die klassiekemusiekkompetisies ­Muziq en Muziqanto, die digkuns-animasieprojek, die Rieldans-kompetisie, die liedjieslypskool en die bekende ATKV-Crescendo.

En dit alles beweeg naatloos tussen wit en bruin en die talle jong mense betrokke.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.