26 Junie 21:07
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Barnard Beukman
Maak jou punt in ons 'digitale referendum'
Barnard Beukman

Met die Zuma-manie wat die land getref het, is die gevaar dat dit alle aandag opeis en dat ander belangrike kwessies afgeskeep word.

In die Groot Afrikaanse Meningsopname wat nou deur Beeld, Netwerk24 en ander susterskoerante en tydskrifte begin is, kan lesers hul mening oor politieke kwessies gee.

Maar deelnemers se mening word ook gevra oor die ekonomie, veiligheid, ras, identiteit, maatskaplike samehorigheid, minderheidsregte en diskriminasie.

Die “digitale referendum” – die grootste opname oor Afrikaans in baie jare – vra ook vrae oor morele kwessies, onderwys, tegnologie, kuns en vermaak. En ja, taal en meertaligheid is ook op die lys.

Vier stelle vrae word oor die volgende weke op www.forum24.­co.za beskikbaar gestel.

Deur na die webwerf te gaan, kan ’n belangstellende kosteloos as ’n paneellid registreer en sal dan die vraelyste ontvang.

Die inisiatief is in samewerking met die Dagbreek Trust en Afrikaans.com. Die eerste lys is al uit.

Die terugslae wat Afrikaans die afgelope jaar op verskeie universiteitskampusse beleef het en die nasionale depressie waarin pres. Jacob Zuma die land gedompel, is juis die tyd waarin Afrikaanssprekendes nie op moedverloor se vlakte moet gaan sit nie.

Ten minstens bied die opname – daar sal oor die uitslae verslag gedoen word – ’n belangrike stem vir ons taalgroep om gehoor te word.

Vul dit gerus in en maak seker jou punt word ook gemaak.

Vul dit gerus in en maak seker jou punt word ook gemaak.

Gister was ek in ’n hoogs stimulerende sessie waarin alle Afrikaanse instansies en projekte in Naspers en Media24 hul aksieplanne vergelyk en idees uitgeruil het oor hoe ons sake doen in Afrikaans.

En in moeilike tye word daar entoesiasties en verstommend kreatief voortgestoom met ’n verskeidenheid inisiatiewe.

Daar is onder meer die Afrikaanse Woordelys & Spelreëls wat vanjaar 100 jaar oud is en ’n nuwe uitgawe beplan.

Die KKNK is die komende week die plek waar die nuwe Media24-feeskafee bekendgestel word en waardeur van ons titels weer met mening op die groot Afrikaanse feeste teenwoordig gaan wees. (Onderhandelinge met Aardklop begin binnekort.)

En daar is die OnsKan24-projek vir skole.

Media24 is nou ook betrokke by die musiekstroomdiens Liedjie.

kykNET en Via werk vooruit aan heelwat nuwe projekte en ’n grote is wat vir later vanjaar op Netwerk24 beplan word. Terloops, Beeld-intekenare kan kosteloos op Netwerk24 inteken as deel van hul subskripsievoordele.

Doen dit gerus om betyds daar te wees vir wanneer die nuwe inisiatiewe begin.

Is dié ’n reklamerubriek vandag? Moontlik. Maak dit enige verskil aan net die helfte van ons probleme?

Dalk nie. Maar minstens gaan ons lot nie deur die korruptokrasie bepaal word nie, maar deur ons eie energie.

  • Kom neem gerus deel. Beukman is redakteur van Beeld.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.