26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Menings
Blouwillem: 'n Bottel Fat Bastard

Nou ja, my ou maat, ek sê maar vir jou ’n baie geseënde en uitgespaarde Vadersdag as jou familie dalk vergeet het om met jou te simpatiseer en om jou Spur toe te vat. 

En as jy ’n jong pappie is, sommer ’n baie vrugbare jaar en kinders by dosyne! 

En natuurlik dan ook ’n gelukkige Joef Day!

Ja, julle dink nie altyd so nie, maar ons manne het ook gevoelens. Ons voel byvoorbeeld as ons honger is.

Ek was so gelukkig om al my ou telgies op dié heuglike dag by my te kon hê (nee, ek praat nie van Joef Day nie). 

Blouwillem

As geskenk het hulle dit goedgedink om vir my ’n bottel Fat Bastard-witwyn sonder ’n boodskap by present te gee (die naam van die wyn wás die boodskap). 

Verder ook ’n nuwe lem vir my grassnyer en so ’n lysie van goed wat hulle drietjies deur die jare by my geleer het.

 Blykbaar goedjies wat ek taamlik gereeld vir hulle gesê het.

Die lysie lyk toe só: “Moenie my so kyk nie”, “Gaan jy niks sê nie?”, “Nee, bly nou stil, nou praat ek en luister jy!”, “Gaan vra jou ma”, “Kan ek net om hemelsnaam my koerant in vrede klaar lees?!”, “Toe ek jou ouderdom was, het mý pa altyd vir my gesê . . .”, “As jou maat van ’n krans afspring, gaan jy agterna spring?”, “Hoeveel keer moet ek nog dieselfde ding vir jou sê?”, “Is dit wat hulle jou by die skool leer?”, “Wag totdat jy jou eie geld moet begin verdien!”, “Eet ordentlik, jou ma het moeite gedoen met daai kos!” en “Sit/staan regop!”

 Oukei, my ou telgies, ek kry die boodskap, maar het júlle?

My Vadersdag was net mooi perfek toe die Bokke die Hane vir die tweede keer so mooi afstof. Maar ai, daar drop die Vroteas ons toe weer! Nes my tuinman. As ek hom die Saterdag die nodigste het, daag hy nie op nie.

Oom Johnny ry laasweek nog ewe rustig “minding his own business” toe die spietkop hom aftrek en begin skryf. 

“Nou wat nou?” wil die oom by die geregsdienaar weet. 

“Meneer, jy het op jou selfoon gepraat,” kom die antwoord.

 “Nee, ek het nie!” “Ja meneer, ek het jou gesien met die selfoon teen jou oor toe jy daar agter om die draai gekom het.” 

Antwoord die oom hom toe: “Man, ek het niks gepraat nie, ek het net geluister, dit was my vrou wat gebel het.” 

Toe laat ry die spietkop hom. Seker ook getroud.

Ek en my ou maters verneem uit ons betroubare regeringsbronne dat daar groot kommer heers oor die volgende paar weke se landsbestuur.

Die Kroektas gaan blykbaar vir die volgende drie weke vir besigheid Indië toe en Jacob Zuma gaan in dié tyd as president waarneem. 

Kommerwekkende gedagte, nè?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.