24 Maart 14:10
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Menings
Blouwillem: Sand in oë en eeltvingers voor die TV

Hoe ons ooit weer ’n steek werk gedoen gaan kry met die verkiesing, vakansiedae en die Olimpiese Spele so kort op mekaar, weet nugter en sy vrou alleen.

Om nie te praat van sportbeserings daar voor die TV nie! Dik Daan kla steen en been oor nuwe eelte op sy vingers van heeltyd kanale verander en hy druk die knoppies nou al noodgedwonge met sy linkerpinkie.

Hy sê met dié onheilige ure wat die spul daar in Rio nog snags doenig is, weet hy teen drie­uur soggens nie meer of hy onderwater-mandjievleg of tienkamp-tafeltennis kyk nie.

“Ek verlang al amper na daai dae toe jy nie eens ’n remote nodig gehad het nie, want daar was net een kanaal op jou skerm en miskien twee as jy die toetspatroon bygetel het,” mymer hy.

Oom Johnny sit weer met oogontsteking van al die sand wat hy in sy oë gekry het terwyl hy na die strandvlugbalmeisies in hul sjoe-sjoe-sjoeste broekies gekyk het.

Ek verlang al amper na daai dae toe jy nie eens ’n remote nodig gehad het nie, want daar was net een kanaal op jou skerm en miskien twee as jy die toetspatroon bygetel het.

Maar nou ja, soos hulle altyd sê, elke sport het sy beserings.

Neef Bartel kry sommer heimwee toe Dik Daan vertel van TV se kinderdae en vertel toe van die ou wat nou die dag by die pandjieswinkel inkom toe Bartel daar rondsnuffel. Die ou sê toe vir die eienaar hy soek ’n tweedehandse TV-stel, maar dit moet ’n 1976-model wees.

Piet Pandjies sê maar hy kan vir hom ’n baie nuwer model aanbied, hoekom dan nou juis 1976?

“Nee, man”, antwoord die ou toe, “dit moet ’n ’76 wees, want ek was daai jaar op die grens en het Rich Man, Poor Man en Dallas toe gemis.”

Jaaa, swaer, watse nuwe tegnologie moes ons ou manne nie alles aanleer nie! En dan is daar ouens wat beweer jy kan nie ’n ou hond nuwe toertjies leer nie. Nee, en ek gaan nie saam Pokémon Go speel nie, ek leer nog SMS.

’n Ding van die ou mensdom wat my altyd sal fassineer, is hoe ’n ou moeilikheid kan soek en dan doodverbaas is as hy dit kry. Van kleins af waarsku jou pa oor die pak wat gaan kom en dan huil jy krokodiltrane as hy wel kom. Kyk heelnag strandvlugbal en is erg verbaas oor jou rooi oë. Ry 200 km/uur en staan dan verstom oor hoe koud ’n polisiestasie se selle in die winter kan wees.

Nou die dag toe dit oral gesneeu het, is die vakansiegangers daar in Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap diep bedroef toe hulle afgesny is van die buitewêreld as gevolg van hewige sneeuneerslae. Wat verstaan die mense nie? Hulle ry honderde kilometers soontoe vir sneeu en dan huil hulle oor sneeu.

So lees ek van ene Mike Stewart van Dallas wat daar in 1983 ’n rolprent gemaak het oor die gevare van Texas se brûe wat te laag is en toe die tydelike met die ewige verwissel het toe die vragmotor waarop hy gestaan het onder ’n lae brug deurgery het.

Ai!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.