29 Mei 07:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Nee, Joost was nooit net ’n gewone outjie

Jare gelede het ’n tydskrif gevra dat ek ná sy dood ’n lekker storie oor ou Mike Schutte skryf. Toemaar, julle uilskuikens sal seker nie weet wie Mike en Kallie was nie.

In ’n stil oomblik voor die groot tent lees Joost die boodskap en ’n enkele traan loop langs sy wang af.

Maar ek het nie vir Mike geken nie. Hom nooit persoonlik ontmoet nie, nie eens ooit in lewende lywe gesien nie, nie ’n boks- of stoeigeveg van hom bygewoon nie, was my lam verweer om uit dié ou joppie te kon ontsnap.

“Almal ken vir Mike,” was die redakteur se kort antwoord. Of in die woorde van ou Lou Henning se boekie met Mike se spotprente: “Ek laaik Maaik.”

So was dit met Joost. Hom op TV en op die veld geniet en ná sy uittrede so ’n paar ligsinnige woorde gewissel by ’n gholfdag of drie.

En toe vir die laaste keer in 2012 by ou Kattie se groot tent daar naby die dieretuin met sy twee mees formidabele teenstanders, Justin Marshall en Georgie Gregan, daar om hulde aan Joost te bring. Seker 500 manne daar in die tent, onder wie ’n stuk of 20 oud-Bokke en oom Toytjie, wat sorg vir die lag by die traan.

Vroeër die dag is ek by oom Angus se boek Jan Alleman se bekendstelling.

Al wat ek weet, is Joost hét toe vasgebyt, ’n groot verskil gemaak, maar nee, hy was nooit net ’n gewone outjie nie.

’n Boekie oor bleeksiele en gewone ouens wat ’n verskil in die wêreld gemaak het.

Toe die oom hoor ek gaan later vir Joost sien, stuur hy ’n boekie saam. Voorin: “Hang in there my friend, you’ve done it before and you can do it again!”, met ’n Bybelvers.

In ’n stil oomblik voor die groot tent lees Joost die boodskap en ’n enkele traan loop langs sy wang af. Ek wens ek kan onthou watter versie die oom voorin geskryf het, maar helaas.

Al wat ek weet, is Joost hét toe vasgebyt, ’n groot verskil gemaak, maar nee, hy was nooit net ’n gewone outjie nie.

Ja, mense, van ’n spesiale geleentheid op Loftus na nog ’n belaglike stoeigeveg op TV in ons land se hoogste raadsaal en dit nogal in gesinstyd!

Nee wat, julle, wys ons eerder maar net die kykweer van die vorige geveg in stadige aksie. Die een oomblik nog beskaafd en Eerstewêrelds met hul snyerspakke en bont rokke soos skepe onder vol seil daar voor Tafelberg en die volgende oomblik Vierdewêreld-chaos!

Jammer daar was nie in jou en die Groot Krokodil se tyd withemde in die parlement nie, ou Mike!

Ons brand natuurlik om te weet hoe dit met die Kuga gaan, veral nadat ons verlede week moes lees van een wat in Witrivier aan die brand geraak het nadat hy herroep en herstel is.

Neef Bartel sê so graag soos wat hy ook al ’n nuwe vuurwa met ’n binnebrandenjin wil besit, gaan hy maar eers wag totdat die as gaan sak het.

Hy sê hy hoor dat die Kuga-fabriek in Spanje nou Suid-Afrika toe gaan skuif. Blykbaar na Brandford in die Vrystaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.