27 Julie 00:29
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Menings
Snork jy soos ’n kampioen? Hier’s raad

As ’n Blouwillemaandag op die 13de van die maand val, kan dit net moeilikheid beteken, so ek sal diep dankbaar wees as hierdie dag mooi saggies, teer en sonder seer verloop.

Ja, mense, lag en die hele wêreld lag saam met jou. Snork en jy slaap alleen.

Anders as drie Maandae gelede, toe ek so net ná eerste lig in gietende, gieterende reën my hek probeer oopmaak en toe die verrassende ontdekking doen dat my hekmotor die vorige nag sonder my toestemming daar weg is.

En toe ook besef dat niemand die ding later daai oggend gaan terugbring nie.

Ek het natuurlik die teorie dat inbrekers veral snorkers as ’n maklike teiken sien. Om by my in te breek, het jy net twee diewens nodig. Een wat kom steel en nog een met redelike gehoor wat 200 m van my huis op die snelweg in die getawaykar sit en luister wanneer ek ophou snork.

Ja, mense, lag en die hele wêreld lag saam met jou. Snork en jy slaap alleen.

Kyk, dis klaar nie lekker as jou anner helftetjie jou so uit die bloute, in die middel van ’n lekker droom oor hoelameisies op ’n wit strand in Hawaii, met daai skerp elmbogie op die kort­rib kap nie, maar as ’n wildvreemde vrou dit op ’n vliegtuig met jou doen, is dit ’n perd van ’n ander klank.

Vandat ek gelees het van ene Lenny Mordaski, wat daar in die VSA op ’n vlug van Southwest Airlines deur die vroutjie in die sitplek langs hom met ’n pen gesteek is toe hy lustig begin snork het, het ek nog nie weer ’n oog op ’n vliegtuig toegemaak nie.

Verlede Maandag, toe ek af is Kaap toe, en eergister, toe ek terug is nadat ek vir die 14de keer ná mekaar nie die Kaapse wind-, skuus fietswedren, gaan ry het nie, het ek so wakker soos ’n haas in ’n skietlampligstraal daar gesit.

Maar bygesê, ou Lenny het blykbaar al begin snork terwyl die ander passasiers nog hul veiligheidsgordels vasgemaak het. En lekker, toe laai hulle mevrou Pensteker af en nie ou Lenny nie!

As jy nou rêrig ’n kampioensnorker is, kry jy natuurlik van oral raad.

Dis vuisboekboodskappe, watse ape en twieters oor spesiale kussings, snork-en-slaapsentrums, nasale en kanale plakkers, mondstukke, kleintongetjie-amputasie, liggaamsposisies en van daai gasmaskers wat jou laat lyk soos iets tussen ’n nabyfoto van ’n hommelby en ’n brandweerman.

Almal bedoel dit goed, maar intussen snork jy maar so op jou eie op. Van die raad wat Vrouliefietjietjie gekry het, was: “Mevrou, as u man benoud na asem snak nadat hy ’n lang tyd heeltemal ophou asemhaal het en dan jou naam benoud uitroep, het jy waarskynlik nie die kussing lank genoeg oor sy gesig gehou nie.”

Oom Johnny vertel sy ou buurman wat deesdae in Thlokweventerstroom bly, reken daar’s net twee oplossings. Oorproppe, dat jy nie kan hoor as sy moan oor die snorkery nie.

En enkelbeddens. Hare is nou in Stilfontein.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.