19 Februarie 13:43
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Briewe
‘HAT’ maak Afrikaner-blaps

Hierdie brief behandel die definisie van “Afrikaner” in die nuwe Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT). Wat ’n “rassistiese” blaps!

Dr. Dirk van Schalkwyk, destydse WAT-grootbaas, het my in die 1990’s vertel die WAT gaan gesuiwer word van “rassismes”. Die gesuiwerde definisie van “Afrikaner” in die WAT lui nou onder meer: “Afrika-ner: rassisties en verouderend, wit Afrikaner.”

Dr. Willem Botha, direkteur van die WAT, vertel my onlangs dat die Afrikanerbond (vandag ’n baie klein groep mense) hierdie definisie vir R5 000 geborg het.

Moenie dat die foute van gister grys word en sterf nie.

Gedoriewaar, en hier kom die HAT nou, in Julie 2015, met ’n “rassistiese” definisie. Dit lui: Afrikaner s.nw. (veral wit) persoon (met ’n sterk gevoel van “nasietrots”) wie se moeder- of huistaal Afrikaans is. Afrikaner: ~dom, ~kind, ~skap, ~volk.

Hoegenaamd geen aanduiding van die “rassistiese” verlede of veranderende betekenis van “Afrikaner” nie.

Sjoe! Boonop vryf hulle die rassistiese sout en onregte nog verder in: “Nasieskap, Afrikanerskap, Afrikanervolk, Afrikanerdom.”

Dit klink soos die toelatingsvereistes van die eertydse Broederbond!

Daar is miljoene wit Afrikaanssprekendes wat weet en glo dat die woord “Afrikaner” nie meer ’n eksklusiewe witmenswoord is of behoort te wees nie.

Is apartheid nie lankal verby nie? Die Afrikaanse taal behoort mos vandag ewe veel aan al sy praters – wit mense, bruin mense, swart mense en Indiërs.

Besoek net weer die herkoms van die woord “Afrikaner”.

Hendrik Bibault se woorde “Ik ben een Africaander” aan ’n “Nederlandse” landdros vertel die verhaal.

“Africaander” was ’n Nederlandse woord, waarskynlik reeds in Van Riebeeck se tyd. Lees gerus in die stokou etimologie- en ander woordeboeke: “Africaander: ‘Inwoner van Afrika’.”

Toe kaap ons wit mense die woord en sluit almal uit wat nie wit is nie.

Daar was darem ook uitsonderings, diegene wat voor rasseklassifikasie as wit ingeglip het. Dan is daar dié wat geherklassifiseer is.

Die HAT se Afrikaner het net al hoe witter geword.

Dr. D.F. Malan het bruin mense as minderes beskou. Lees gerus meer daaroor in Lindie Koorts se boek D.F. Malan en die opkoms van Afrikanernasionalisme.

Genl. Hertzog het gepraat van Afrikaanssprekende Afrikaners en Engelssprekende Afrikaners (wit mense). Almal het net wit gedink.

Natuurlik is elke denkende mens skaam oor al die skandes van gister.

Hoe klink dit?

Afrikaner: 1. Mens van Afrika, in SA genoem Suid-Afrikaner; 2. Alle Afrikaanssprekendes, ook genoem Afrikaanses.

Moenie dat die foute van gister grys word en sterf nie.

Werk nou daaraan.

Albert Nothnagel

Mosselbaai

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.